Die eksegese, die konteksbeskrywing en die preekvoorstel van die Preekstudie is uitstekend, dis meer as genoeg vir ʼn preek(reeks!). Die voorstel om met die skrifgedeelte die sukses kultuur van die Amerikaans-Westerse “prosperity cult” en die verbruikersmentaliteit van die advertensiemedia te ontmasker, is in die kol.
Terug na die teks. Enigeen met die kleinste bietjie verbeelding kan Jes 52:13-53:12 lees en sal moet erken: dit lyk of die skrywer Jesus se veroordeling, lyding, kruisiging en opstanding beskryf het. Dis so van toepassing! As jy wil, kan jy Filippense 2:5-9 lees om na een van die oudste Christelike liedere oor Jesus en oor Jes 53 te luister.
Hoe was dit moontlik om in Jes 53 so feitelik eksak Jesus se lyding en oorwinning te beskryf?
Eenvoudig: omdat dit die hart van die evangelie is.
Dis die patroon wat uitstaan in die kerk se geskiedenis.
As jy dit nie wil glo nie, lees Andrew Walls se 2002 boek oor The cross-cultural process in Christian history (Maryknoll NY: Orbis). Ook in die nuus, so ʼn paar weke gelede, was baie statistiek oor waar die kerk groei en waar dit lidmate verloor en sterf. Dit is die nuutste versie op die ou-ou wysie.
Dink aan die stories oor Moeder Theresa. Gaan lees die sendinggeskiedenis. Gaan kyk om jou na mense wie se lewens sin maak, ʼn voorbeeld is. Dis daai sout-van-die-aarde mense, hulle wat lig bring waar dit donker is. Dis Jes 53 se mense, se gemeentes. Dis diegene wat nie vir hulleself lewe nie, maar wat soos die barmhartige Samaritaan uitdraai na diegene wat deur die rowers oorval is.
As u ooit wil weet of u eie geloof eg is, of u gemeente op die regte pad is, of u kinders ook eendag sal glo, kyk of die kruis sentraal staan in u lewe, in ons kerke. Op wie is ons opoffering gerig? Onsself en ons eie dinge? Waarheen gaan ons energie en ons geld? Waaroor is ons bekommerd? Dink dan aan Jesus en kyk na die patroon van sy lewe en bediening. Sy lewe was ʼn lewe van betekenis. Hy het die antwoord kom illustreer, die Jes 53 pad geloop.
Ons president het by die openingsgeleentheid van die SKA gepraat. Ek dink nie dit was ʼn goeie keuse nie, want hy en sy regering verstaan weinig van Jes 53, weinig van leierskap, weinig van wat Jesus vir ons kom illustreer het, weinig van die grootste en mees verrykende geheime van die skepping.
Jurgens Hendriks
Geen preekriglyn in Argief
Seisoen van Luister
Jesaja 53:4-12 – 21ste Sondag in Koninkrykstyd – 21 Oktober 2012
|
||||||
Jesaja 53:4-12.ppt | 737 KB | Oct 15, 2012 09:44 | Download | |||
Jesaja 53:4-12.pptx | 500.91 KB | Oct 15, 2012 09:42 | Download | |||
Jesaja 53:4-12.doc | 103.5 KB | Oct 15, 2012 09:41 | Download |