{ARGIEF}

1 Julie 2012 ~ Vyfde Sondag in Koninkrykstyd ~ Markus 5:21-42 ~ Ons skuld mekaar ‘n drukkie

Toe ons jonk was, het ons nie sommer so vir mekaar in die openbaar drukkies gegee nie. Haai, onthou julle nog daardie soort van stywe tyd?  Baie van ons het by ons kinders geleer om drukkies te gee!

Jesus se tyd was nou nog eers ‘n stywe tyd. Veral mans en vroue mag nie in die openbaar aan mekaar geraak het nie. En beslis ook nie belangrike en onbelangrike mense nie. Dit was ‘n samelewing waar elkeen sy plek moes ken.

Dit was veral ‘n samelewing waarin “aanraking” sy plek moes ken en hom moes gedra.

En nou kom ons op hierdie merkwaardige verhaal in Markus 5:21-42 af waar ‘n vrou wat twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het, Jesus se klere aanraak – en daar van sy krag na haar vloei en sy genees word.

In Jesus se tyd het mense op twee maniere na hulle eie liggame gekyk. Een manier was om te dink dat ‘n gesonde liggaam, ‘n liggaam is wat in harmonie met hom- of haarself is. As jy siek is, is dit omdat die liggaam se balans versteur is. Daar is miskien te veel nat, te veel droog, te veel emosie of te veel immoraliteit in die liggaam. Daar is ongebalanseerde verhoudings. Miskien is jy kwaad vir iemand. Miskien het jy iemand nie met respek behandel nie. Al hierdie dinge gooi ‘n mens van balans af en maak jou siek. Ja, en vandag weet ons verseker dat tekorte in jou liggaam jou siek maak, en dat stres, haat, verwerping en trauma jou baie, baie siek kan maak.

Daar was ook ‘n ander teorie oor hoe ‘n mens se liggaam werk en siek kan word – en dit is dat jou liggaam van buite siek kan word. As jy nie jou liggaam goed “toehou” nie, kan slegte geeste en demone jou van buite af inval en siek maak. Daarom moet jy baie sterk grense vir jou liggaam stel. Jy moet byvoorbeeld nie dat iemand aan jou raak nie. En as jy ‘n man is, moet veral ‘n vrou nie aan jou vat nie – en veral nie ‘n onreine vrou. Nodeloos om te sê, was ‘n vrou wat 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely het, as ‘n uiters onreine vrou beskou.

Maar wat doen Jesus?  Hy stel sy liggaam oop, om dit nou maar so te stel. Aan die een kant maak hy dit hier openbaar dat hy God is. En sy krag vloei van sy liggaam na dié van ‘n ander. Na dié van ‘n onrein vrou.

Maar wanneer ons die verhaal lees van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, dan bewys ons natuurlik ook onmiddellik dat dit hier om meer as net die genesing van haar liggaam gaan. Dit gaan oor die genesing van ‘n leeftyd van skande, van verwerping. Dit gaan oor ‘n herstel van menswaardigheid.

Dit gaan oor ‘n vrou wat weer ‘n mens geword het. En ook meer as ‘n mens. Haar geeswees is herstel, haar geestelike menswees, waarmee sy nou ook kan uitreik na mense.

Hulle sê dat mense wat trauma ervaar, nie genees kan word deur(net) daaroor met iemand te praat nie. Want die trauma gaan sit nie in daardie dele van jou brein wat kognitief werk, met ander woorde waarmee jy dink en praat nie. Dit gaan sit daar waar dit jou liggaam beheer. En daarom probeer terapeute trauma genees met dans of kuns.

Hier doen Jesus dit met aanraking. Oftewel, Jesus is nie die een wat die aanraking doen nie. Hy laat dit toe, nooi dit uit as’t ware. Maar dis die vrou wat uitreik en aanraak.

Jesus maak ons die agente van ons eie genesing. Ons sit nie net maar passief en wonder waarom die siekte en ellende ons getref het nie. En ons het toegang tot God om die moontlikheid van genesing vir ons oop te stel.
Jesus breek hier uiterstes af. Ja, die liggaam moet genees word, maar die geneesde liggaam word ook meer as ‘n liggaam. Dit word ‘n herstelde verhouding met God, met onsself en met mekaar.

En daarom skuld ons mekaar ‘n aanraking. Ook ons moet ons liggame oopstel dat die Gees van God wat in ons woon, ander kan genees. Miskien is iemand naby jou oud en alleen. Miskien kan die bure nie hulle elektrisiteit betaal nie. Miskien is jou kollega se kind in die tronk omdat hy per ongeluk iemand raakgery het.

Ons weet nie altyd watter pyn die mense om ons met hulle saamdra nie. Maar mense kom gou agter as jy ‘n

Wanneer die vrou met die bloedvloeiing aan Jesus raak, is Hy oppad na Jaírus se sterwende dogtertjie. ‘n Dogtertjie van 12 was in daardie tye seker die onbenulligste en magteloosste van almal in die samelewing. Hulle het geen sê oor hulleself gehad nie, was aan hulle pa’s se mag uitgelewer, moes trou wanneer en met wie vir

Christina Landman

Seisoen van Luister ~ Powerpoint

Preekriglyn in Argief