{ARGIEF}

Hier is ‘n paar kortpaaie:

  • Begin jou boodskap met D communitasweb en jy kan ‘n direkte boodskap stuur aan ons, wat net vir ons toeganklik is.
  • Begin jou boodskap met @communitasweb en dié tweet kom outomaties op ons webtuiste, sodat ander dit ook kan lees.
  • Indien jy ‘n skakel met ons wil deel, kan jy die adres intik – die eerste 30 karakters sal net so deurgaan; as dit langer is, sal Twitter dit vir jou verkort.

Daar is natuurlik baie meer wat ‘n mens oor Twitter kan sê.  Dit het bv. reeds een van die vinnigste nuusverspreiders in die wêreld geword, met nuus oor wêreldgebeure wat nou al eerste hier verskyn, voordat selfs van die groot nuusnetwerke daarvan kennis geneem het.  Die nuus uit Iran oor die verkiesing daar, is tans eintlik net op Twitter beskikbaar.  Die president van Amerika, Barack Obama, beskou dit as só belangrik, dat hy onlangs vir Twitter gevra het om hul beplande instandhouding uit te stel, sodat die nuus uit Iran nie onderbreek word nie.

Lees meer oor die gebruik van Twitter by http://help.twitter.com/portal.