{ARGIEF}

KINDERKONFERENSIE

11 en 12 Sept 2018 NGK Kuilsrivier-Suid

Gemeente-predikante/pastore, jeugwerkers, kinderwerkers, kategete, Kix-leiers, kinderbond-leiers, kinderkerk-aanbieders, ouers of enige ander persoon wat belangstel in kinderbediening, word uitgenooi na die 2018 Kinderkonferensie wat aangebied word deur die Jeugkantoor van Communitas en Kix.

 
 
 
 
 
 
 
 
KYK TERUG OM TOEGERUS TE WEES VIR DIE TOEKOMS
Die fokus van die Kinderkonferensie is om almal wat met kinders werk op hoogte te bring met die globale, Suid-Afrikaanse en kerklike tendense wat ons werk met kinders beïnvloed. Luister na kundige sprekers wat gesels oor die toekoms, die kind se wêreld in skole, kinders se binnewêreld en die impak van tegnologie op ʼn kind. Ontmoet en netwerk met ander leiers in die veld van kinderbediening. Kry praktiese toerusting in ‘n wye verskeidenheid relevante en eietydse werkswinkels. Kom, word toegerus met kennis, vaardighede, hulpmiddels, en hope inspirasie!

 
 
 
 
 
 
Daar tree 4 hoofsprekers op, en dan word daar ook oor die twee dae 12 werkswinkeltemas aangebied. Elke deelnemer kan kies om twee werkswinkels per dag by te woon.
Hoofsprekers: 
Doris Viljoen, Senior Toekomskundige by die Instituut vir Toekomsnavorsing
Gert van der Merwe, predikant van Lynnwoodrif Gemeente in Pretoria en portefeulje-leier van ToekomsNou
Hugo Theron, kliniese sielkundige; kundige oor die gebruik van sosiale media en die impak daarvan op tieners
Siegfried Louw, predikant in Proteahoogte Gemeente, spelterapeut en lewensafrigter
Kliek hier vir meer oor die hoofsprekers: HOOFSPREKERS
Werkswinkeltemas: 
K1 : SKETSBORD TEGNIEKE
K2 : GEBRUIK BUIKSPRAAK IN JOU BEDIENING
K3: HOE BEGIN EK ’N KIX-GROEP IN ENIGE KONTEKS
K4: KREATIEWE GEBED MET KINDERS
K5: FASILITERING VAN ‘N GROEP
K6: HANTERING VAN BOELIE-GEDRAG
K7: DEPRESSIE ONDER KINDERS
K8 : GEWOONTES IN DIE HUIS
K9 : KINDERS EN MUSIEK
K10 : STORIEVERTEL TEGNIEKE
K11: LEEF JOU ROEPING UIT IN DIE SKOOL
K12 : GEBRUIK TEGNOLOGIE IN KINDERBEDIENING
Vir volledige detail oor elke werkswinkel, kliek hier: WERKSWINKEL ONDERWERPE
Om in te skryf, kliek hier vir die inligting en registrasievorm: REGISTRASIE BESONDERHEDE en REGISTRASIEVORM
Stuur jou voltooide registrasievorm na Maryke
Vir enige navrae kontak Maryke by 021-808 9050