{ARGIEF}

VBO MAART 2009
GEMEENTE-WEES VIR ‘N JONGER GESLAG
Die kursus het my as predikant geweldig gestimuleer.  Dit het my bestaande denkraamwerke in totaliteit aangespreek, sodat ek ernstig sal moet nadink oor my hele bediening – dit is egter op geen manier, enigsens, negatief nie, maar uiters positief.
Die bestaande strukture wat ons “gemeente” noem is nie geratom mense wat post-modernisties dink en leef, volkome te akkomodeer nie.  Ons sal definitief verby die bestaande paradigmas moet werk, en dinge konstant oordink, en onsself afvra: “Waarmee is ons besig?  Waarvan/waaroor praat ons?”  Die jongmens-groep (18-35 jaar) waarvan ons praat, is op hierdie stadium ‘n minderheidsgroep binne die meeste gemeentes, en juis daarom moet hulle stem versterk word (“amplifying the voice of the minority”) binne die struktuur deur mense wat gemaklik is binne daardie opset/struktuur.  En dan moet daar geluister word – onbevange…
Dit is nodig vir ons om te sien waar God is, waar Hy besig is, om Hom raak te sien in die lewe van die 18-35 jarige jongmens.  Ons hoef nie vir God na hulle toe te bring nie.  (Ons gaan moeg raak om vir God orals te dra, want Hy is swaar…!)  Ons hoef net ‘n spieël vir hulle op te hou sodat hulle HOM in hulle eie lewens raaksien.  Ons wys nie vir hulle hoe ver hulle van God af is nie, maar hoe naby Hy aan hulle is.
Dankie Nico.  My kop spin – but in a good way…!
Danie du Toit
Villiersdorp