{ARGIEF}

 Embleem

 

VBO:

Amper gereed vir 2014!

 Embleem

Die VBO-kantoor is nog besig om die volledige VBO-boekie vir 2014 af te rond, maar die datums van VBO-kursusse is reeds vasgestel, en ons plaas dit graag hier.
Hier is twee lyste wat jy kan aflaai – ‘n oorsigtelike lys van die verskillende kursusse (in verskillende kategorieë) en ‘n kronologiese lys van kursusdatums:

• ʼn beknopte een-blad oorsig :      Eenblad-oorsig_VBO 2014         
• ʼn kronologiese lys van die kursusse :  KRONOLOGIESE KURSUSDATUMS 2014      
Dan is dit met groot vreugde dat die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) die instelling van `n sertifikaat in Bedieningsvernuwing aankondig.
Dit is ʼn nuwe konsep waaroor ons baie opgewonde is, nl. ʼn Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing wat in drie blokke oor ʼn 3-jaar tydperk aangebied gaan word.
Sien die aparte artikel hieroor vir meer inligting

Die volledige VBO-inligtingstuk sal eersdaags voltooi wees en beskikbaar gestel word. Hou dus maar hierdie spasie dop!