VBO gaan oor die verdieping van ons verstaanvan die evangelie,ons ingesteldheid teenoor ons roeping enoor die slyping vanons bedieningsvaardighede.Dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid:oor die moed om in nuwe situasies in te gaanmet die vertroue dat die Here ons kan leer en’n weg kan wyswat ons nie nou helder sien nie. |
Geagte kollega
Ons as Taakspan vir VBO stuur aan jou hierdie VBO gids vir 2016 met groot verwagting. Ons is tot ʼn groot mate ʼn nuwe span wat graag wil voortbou op die goeie werk van die vorige span. Hierdie jaar se gids is werklik ʼn spanpoging waaraan byna elke taakspan van die Sinode saam gewerk het. Meeste van die kursusse is daarom kursusse wat VBO saam met hierdie taakspanne aanbied.
Ons is bewus van die besondere uitdagings wat aan ons as predikante gestel word in hierdie tye en het na die beste van ons vermoë ʼn program saamgestel wat hierdie uitdagings aanspreek. Die uitdagings wat deur die Moderamen vasgestel is, het ons gehelp om die fokusse van die kursusse te ontwikkel.
Ons bied hierdie program aan as medeleerders saam met jou. Ons almal leer wat dit beteken om as predikante leiding te gee in tye met nuwe uitdagings. As taakspan is ons oortuig dat dit van ons as predikante vra dat ons in ʼn verdiepte verhouding met die lewende Christus sal leef. Daarom sal julle vind dat al ons kursusse in ʼn formaat gegiet word wat ruimte maak vir verdieping. Die uitdagings van ons tyd vra verdiepte groei en integrasie by ons almal.
Ons wil ook graag jou kerkraad hierby betrek en ons nooi jou uit om saam met die Kerkraad of taakspan te gaan sit en kursusse te identifiseer wat inpas by die uitdagings waarmee julle tans besig is. Let ook op dat daar ʼn hele afdeling in die gids is wat kursusse en programme vir Lidmaatbemagtiging bekendstel.
Ook Ringe kan betrek word. ʼn Groot deel van ons program is ons lys van keusekursusse. Hierdie kursusse is bedoel vir Ringe om saam kursusse te kies wat inpas by die uitdagings wat die Ring in hulle streek identifiseer. Ringe kan ons dan nooi om die kursus in julle streek te kom aanbied.
1. Kursusse wat fokus op die verbreding van jou teologie. Hierdie kursusse is so ontwikkel dat dit jou sal blootstel aan nuwe teologiese en teoretiese insigte tov die tema. Jy kan by hierdie kursusse verwag dat die aanbieders jou sal uitdaag om vars te kyk na teologiese temas sodat jy in jou bediening taal kan skep in jou hieroor.
2. Persoonsvormende kursusse. In hierdie kursusse kan jy verwag dat die aanbieders jou sal begelei in prosesse wat vormend inwerk op jou eie spiritualiteit en persoon. Gewoonlik is hierdie kursusse ʼn proses wat oor meer as een aanbiedingsgeleentheid plaasvind.
3. Praktykgerigte kursusse wat aan jou die geleentheid sal gee om nuwe vaardighede aan te leer. In hierdie kursusse sal daar geleentheid wees vir die in-oefening van vaardighede en beplanning vir die implementering van aksieplanne in die gemeente. Ons daag jou uit om saam met ons jou vaardighede te vernuwe!
4. Ons sluit ook konferensies in waarvan sommige saam met ons Ekumeniese vennote gedoen word. Dit sluit oa die Internasionale Fresh Expression Konferensie in- die eerste keer wat dit buitekant Engeland aangebied word!
Ons wil jou aanmoedig om jou keuses so te maak dat jy blootstelling kry aan al drie die soorte leergeleenthede.
Vriendelike groete
Peet Bester (Voorsitter: VBO taakspan) peet@ngkfranschhoek.co.za 084 583 3454 |
Frederick Marais (PSD: Kerklike Opleiding) jfm@sun.ac.za 083 380 1657 |
More, ek het mooi na julle boekie gekyk en gewens ek kan dit alles gaan bywoon (Upington is ongelukkig baie ver van die Kaap af!). Maar wat my pla, is daar nie ‘n kursus of program waar spesiefiek na die bediening van bejaarde of senior lidmate gekyk of riglyne gegee word nie. My ma was ‘n paar jaar gelede in ‘n bejaarde tehuis en elke keer as ek daar gekom het, het ek besef die kerk is nie daar nie! Dit het my toe ‘n senior lidmate bediening groep op facebook laat begin en ek kry gereeld dss wat graag meer wil weet. Ons lidmate word al hoe ouer en hierdie bediening gaan dalk moontlik baie meer nodig raak in die toekoms. Beplan julle nie so iets nie? Sarel Corrie
Hallo Sarel, baie dankie hiervoor, ek gee dit graag deur. Die idee is juis dat ons al hoe meer kursusse op aanvraag wil aanbied. Daar is nie tans ‘n pasklaar kursus daaroor nie, so ons sal terugkom na jou oor watter moontlikhede daar is.
Groete, Wilma