{ARGIEF}




VBO

Sinode van Wes- en Suid-Kaapland

VERSLAG VAN VBO AAN RINGE Augustus 2008

(Laai dié dokument as ‘n Word file af – 70 KB)

1. KONTAK BESONDERHEDE

Telefoon: 021-808-3624 –  Faks: 021-886-5701 – E-pos: cmer@sun.ac.za
Posadres: Communitas, Posbus 3322, MATIELAND, 7602
VBO se Webblad:  http://www.communitas.co.za  (Klik dan links onder op “VBO”)

2. VBO SKAKELPERSOON

2.1 Die VBO-kommissie se lede is aan bepaalde ringe toegewys.  Die indeling is as volg:
* Caledon en Swellendam:    Franziska Andrag-Meyer
* Wesland en Piketberg:    Erik Basson
* Tulbagh en Worcester:    Peet Bester
* Goodwood, Durbanville en Brackenfell:    Auke Compaan
* Bellville en Parow:    Nelis Janse van Rensburg
* Stellenbosch en Paarl:    Hannes Koornhof
* Somerset-Wes, Kuilsrivier en Wynberg:    Jannie le Roux
* George Knysna en Mosselbaai:    Anton Louw
* Oudtshoorn, Riversdal en Beaufort:    Jan Marais
* Koeberg, Kaapstad en Swartland:    Michiel Strauss
* Namakwaland, Calvinia en Clanwilliam:    Tallie van den Heever
2.2 Die Sinodale Kommissie vir Predikantebegeleiding het
verteenwoordigers in elke Ring.  Hierdie predikante dien ook as
VBO-skakelleraars.
2.3 Ringe word aangemoedig om self retraites en ander VBO-byeenkomste
in hulle omgewing te organiseer in oorleg met die VBO-kantoor.  Dit is
’n goeie geleentheid om die VGK-leraars te betrek.  Kontak die
VBO-kommissielid of skakel direk met die VBO-kantoor.

3. EVALUERING

Die VBO-kommissie is baie dankbaar vir die verloop van vanjaar se
VBO-weke. Ongeveer 270 predikante (uit ongeveer 390 NG-predikante in
die sinodale gebied van Wes- en Suid-Kaapland) het drie-dag kursusse
gedoen. Die Dagbestuur is baie tevrede met die mooi reaksie. 
Predikante het ook oorweldigend positief reageer op al ses die
evalueringsvrae.  Die spesifieke vrae, met die reaksie in hakies, was:
* Die behoeftes waarmee ek gekom het, is bevredig (42,5% Beslis ja; 41,25% Ja).
* Die kursusinhoud is toepaslik vir my persoonlike bedieningsontwikkeling (41,88% Beslis ja; 48,75% Ja).
* Ek is nou beter toegerus vir my taak as predikant (41,25% Beslis ja; 44,38% Ja).
* Onderrigmetodiek (45,63% Uitstekend; 42,5% Baie goed).
* Geleentheid vir internalisering (41,25% Uitstekend; 46,25% Baie goed).
* Tydsduur van kursus (42,5% Uitstekend; 42,5% Baie goed).

Dit is nie om te sê dat daar nie ook haakplekke en probleme was nie. 
Daar was hier en daar onduidelikheid oor die logistiek en vrae oor die
puntestelsel. Ons beklemtoon weer dat ons met VBO besluit het op `n
vier jaar infaderingsperiode. Ons probeer – veral vir die begin – die
sisteem so verstaanbaar en duidelik as moontlik hou.

4. PROGRAM VIR DIE RES VAN 2008

* Maandag 13 tot Woensdag 15 Oktober 2008:  Derde VBO-week te Stellenbosch.

5. VOORLOPIGE DATUMS VIR PROGRAM VAN 2009

5.1 Die datums vir VBO-weke (drie-dag kurusse) vir 2009 is as volg:
* Eerste Kwartaal: Dinsdag 10 tot Donderdag 12 Maart 2009.
* Tweede Kwartaal: Dinsdag 21 tot Donderdag 23 April 2009.
(Paasnaweek is van 10 tot 13 April en die skole open op 15 April 2009). 
* George:  Dinsdag 5 tot Donderdag 7 Mei 2009.
* Maandag 18 tot Woensdag 20 Mei 2009: Konferensie saam met die
Fakulteit oor tema “Wat kan ons uit die Handeling-boek leer oor
Missionêre Gemeentewees”
(Donderdag 21 Mei is Hemelvaart).
* Derde Kwartaal:  Sondag 30 Augustus tot Woensdag 2 September: 
Internasionale Calvyn-gedenkkonferensie.  Geen ander VBO-week word vir
hierdie tyd beplan nie.
* Vierde Kwartaal:  Dinsdag 13 tot Donderdag 15 Oktober 2009.
5.2 Ander datums wat reeds van belang is (en ook vir VBO-krediete benut kan word) is:
* Dinsdag 17 en Woensdag 18 Februarie 2009:  Spiritualiteits- en Gebedskonferensie (SKG bied dit aan)
* Sien ook die Kweekskool se feesjaarprogram “Teologie Stellenbosch 150+” in § 6 hier onder.

6. KWEEKSKOOL SE FEESVIERINGE IN 2009

6.1 Op 1 November 2009 sal dit presies 150 jaar gelede wees dat die ou
Drosdygebou van Stellenbosch feestelik in gebruik geneem is as ’n
seminarium vir die opleiding van predikante.  Die jaar staan bekend as
“Teologie Stellenbosch 150+”.  ’n Gedenkboek Teologie Stellenbosch 150+
sal vroeg in 2009 verskyn. Die volgende datums is reeds bekend:
* Dinsdag 27 tot Donderdag 29 Januarie 2009 – ’n Internasionale
Konferensie oor Ontwikkelingshulp.  Hierdie Konferensie vind plaas in
samewerking met die Evangeliese Kerk van Duitsland. Die tema is:
“Conflict, peace and sustainable development in Africa. The role of
Universities, NGO’s and Churches / Faith-based organisations”.
* Maandag 2 Februarie 2009: Die Teologiese Dag met die jaarlikse opening van die Kweekskool.
* Maandag 2 tot Dinsdag 3 Februarie 2009. Konferensie met die tema: “Religious Ritual and Social Capital Formation”.
* Dinsdag 17 tot Donderdag 19 Maart 2009:  ’n Konferensie oor die geskiedenis van die Kweekskool en Teologie Stellenbosch 150+ 
* Maandag 22 tot Vrydag 26 Junie 2009:  Jaarvergaderings van teologiese
en godsdienstige werkgemeenskappe van Suid-Afrika. Almal hou hulle
vergaderings in Stellenbosch.  Die skole sluit op 26 Junie 2009.
* Sondag 30 Augustus tot Woensdag 2 September:  Internasionale Calvyn-gedenkkonferensie.
* Woensdag 2 September 2009:  Eregradeplegtigheid.
* Woensdag 2 tot Vrydag 4 September 2009: Internasionale Teologiese Konferensie met vennote en alumni.
* Maandag 7 en Dinsdag 8 September 2009: Konferensie met die
Protestantse Kerk Nederland, die Molukse Kerk en International Reformed
Theological Institute van die Vrije Universiteit in Amsterdam
* Sondag 1 November 2009: Erediensviering van Teologie Stellenbosch 150+.
6.2 Kontak die Projekspan van “Teologie Stellenbosch 150+” se
voorsitter of projekkoördineerder vir besonderhede oor die feesjaar se
aktiwiteite:
Prof Pieter Coertzen (Voorsitter): 021-887-2619 (Huis); 021-808-3576 (Werk); pc@sun.ac.za
Helette van der Westhuizen (Koördineerder):  Teologiefees@sun.ac.za
Webblad:  http://academic.sun.ac.za/theology

7. KURSUSLYS

7.1 Ons behoort in die volgende drie weke ons volledige kursuslys aan
predikante en gemeentes te kan stuur. Die volgende kursusse word as
moontlikhede genoem.  Predikante is welkom om kommentaar te lewer en/of
nuwe voorstelle te maak.  Stuur die voorstelle aan Chrisna van der
Merwe.  Die kontakbesonderhede word in § 1 hier bo gegee.
* Missionêre gemeenteleierskap en luisterende geloofsonderskeiding
* Prediking
* Nuwe Gemeenteplanting en Evangelisasie
* Hoe om lidmate te help om hulle bediening in die gemeente te ontdek
* Leer van die gemeentes uit die Vroeë kerk
* Liturgie en Liturgiese leiding
* Rentmeesterskap en Gemeentefinansies
* Nuwe denke oor Triniteit, Ekklesiologie en Bediening
* Gemeentewees vir ‘n jonger geslag
* Hoe om gemeentes betrokke te kry by diens aan die gemeenskap
* Effektiewe kommunikasie en mensekennis
* Narratiewe Pastoraat
* Predikante geestelike groei, roepingsverdieping, persoonsgroei en selfbestuur
* Skrif en Hermeneutiek
* Ou Testament-prediking
* Nuwe Testament-prediking
* Uitdagings vir die kerk in Afrika in die 21ste eeu
* Bybels gedink oor die kerk en die bediening
* Jeug en Familie
* Missionêre gemeentewees
* Hoe om ‘n pastorale sorg- en ondersteuningsdiens in die gemeente te vestig
* Sakramentsverstaan en gemeentelike viering van Doop- en nagmaalviering
* Geestelike Leierskap
* Morele vorming in gemeentes
* Gemeenteleiding en gemeentebestuur
* Alleen predikant in ‘n makrogemeente
* Hoe om ‘n gemeente en lidmate te lei tot dissipelskap
* 500 jaar na Calvyn – wat kan ons vandag van hom leer
* Musiek in bediening en erediens
* Hoe leef ons Christelik in ‘n welvaartsgemeenskap?
7.2 Die aanbieders kon nog nie gefinaliseer word nie en word dus nog
nie genoem nie.  Ringe is welkom om name van moontlike aanbieders aan
VBO voor te lê.
7.3 Ons hoop om die finale lys teen die middel van Sept by leraars en gemeentes te hê

8. HOE WERK DIE KREDIETE (EN ANDER VRAE)

8.1 VBO kry talle navrae oor hoe die “punte” of krediete werk.  Ons vra
’n bietjie geduld.  Alhoewel die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland se
Kommissie vir Voortgesette Bedieningsopleiding  (VBO) reeds ’n goeie
idee het, moet dit met die ander sinodes bespreek word, sodat die hele
NG Kerk (en liefs die hele NG Kerk-familie) eenstemmig is.
8.2 Vir die oomblik vra ons dat predikante self ook verantwoordelikheid
neem om rekord te hou van hulle VBO-kursusse.  VBO sal by amptelike
VBO-kursusse ’n sertifikaat van bywoning uitreik (of vra dit aan by
Chrisna van der Merwe).  Hou dit en enige ander rings- of ander
opleidingsgeleentheid se besonderhede in ’n lêer/houer.  Predikante
word aangemoedig om ook notas oor teologiese boeke gelees, studiegroepe
of ander aktiwiteite wat hy/sy reken ’n VBO-krediet werd is, in hierdie
lêer/houer aan te teken. 
8.3 Van die gedagtes is dat ’n opsomming van hierdie gegewens aan die
Kerkraad voorgelê word en dat dit aan die hand van die predikant se
“bewyse” geoudit word en aan die Ring voorgelê word.  Ander
elektroniese stelsels word ook nog deur die Algemene Sinode ondersoek.
Hou dus maar net intussen self bewyse van alle VBO-krediete.
8.4 Van predikante word verwag om 50 krediete per jaar te verwerf.  VBO deel dit in twee komponente:
8.4.1 30 krediete word vir ’n drie-dag VBO-kursus gegee.  Hierdie 30
krediete kan slegs verwerf word deur so ’n amptelike VBO-kursus by te
woon.  Dit is wel moontlik dat sommige kursusse van ander kerke /
instansies later van tyd deur VBO geakkrediteer kan word.   
8.4.2 20 krediete word verdien deur enige ander vorm van toerusting: 
’n VBO-dagkonferensie, Verantwoordelike Vernuwing, Teologiese Dag van
die Kweekskool, ensovoorts.  Die waarde is een krediet per uur.  Ander
kerke se kursusse en seminare is ook hierby ingesluit. 
8.4.3 Ons kyk ook nog na ander opsies:
* mense kan krediet kry vir formele verdere studie (M en D grade)
* ons wil die vorming van studiegroepe (in die wêreld van volwasse-leer
word gepraat van “communities of learning”) aanmoedig as `n moontlike
tweede baan waarop VBO-krediete verdien kan word.
* inskakeling by `n mentoraatsprogram kwalifiseer nou al reeds vir 10 krediete
8.4.4 mense verdien ook punte vir die aanbieding van sekere kursusse
8.4.5 Kontak gerus die VBO kantoor vir meer besonderhede. 

9. FONDSE

9.1 Gemeentes word weer daaraan herinner dat hulle asseblief R1 000 per
predikant aan die Sinode moet betaal met die oog op VBO.  Predikante
kan dan kursusse bywoon deur slegs R100,00 te betaal.  Selfs reiskoste
(vir predikante van gemeentes wat verder as 80 kilometer vanaf die
kursuslokaal geleë is)
9.2 Navrae is van emeriti en proponente ontvang.  Die huidige reëling
is dat emeriti nie meer VBO-krediete hoef te verdien nie. As ’n
emeritus egter wel ’n kursus wil bywoon, moet hy dus die werklike prys
betaal en hy kry ook nie ’n brandstofsubsidie nie. Maar soms is so ’n
emeritus-leraar behulpsaam in ’n gemeente.  Gemeentes word dus versoek
om so ’n emeritus in hulle midde te subsidieer, indien enigsins
moontlik. Vir proponente geld dieselfde – net effens anders.  VBO
verwag dat hulle steeds jaarliks VBO-krediete moet verdien.  Waar hulle
in ’n gemeente help, behoort die gemeente dus ook te help met die
VBO-kursusse. Emeriti en proponente wat nie by gemeentes betrokke is
nie (of nie deur die ’n gemeente gesubsidieer kan word nie) kan met
Chrisna van der Merwe skakel vir ’n ad hoc reëling wat basies daarop
kan neerkom dat hierdie persone net vir hulle etes en losies sal hoef
te betaal.

    VOORSITTER    PSD: VBO
    Dr MU (Michiel) Strauss    Dr CW (Coenie) Burger
    E-pos: michiel@ngkwelgelegen.co.za    E-pos: cwbu@sun.ac.za
    Selfoon: 083-557-6026    Selfoon: 082-376-5610
VBO: Verslag aan Ringe    4