{ARGIEF}

28 Julie 2013 ~ Tiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Lukas 11 – Jesus ons wil ook so met God praat…
“Bid vir Madiba, tyres en Afrikane se welsyn – ‘n misterie”
Pieter van Niekerk
Ek herinner my dat ek ‘n jaar of drie gelede op dieselfde blog op die kinders gefokus het. Dit word min of meer nie gedoen nie…
“Jesus het onder ‘n vyeboom gebid. Toe Hy klaar is, sê sy dissipels: ‘’Jesus, ons wil ook so met God praat. Leer ons asseblief om te bid.’ ‘Dit is maklik om te bid,’ sê Jesus toe. ‘Praat met God soos met ‘n vriend, en Hy sal luister, God hoor as jy fluister. En selfs as jy nie die regte woorde kry nie, hoor Hy wat in jou hart is.’ ‘Maar hoe moet ons begin?’ vra die dissipels.
Jesus sê: ‘Julle kan so begin:
Ons liefdevolle Vader in die hemel, u Naam is heilig.
Mag u droom van liefde en vrede waar word.
Gee ons elke dag genoeg om te eet.
En help ons om ander te vergewe, sodat ons ook vergewe kan word.’
Jesus sê verder: ‘Het julle regtig iets nodig? Vra en dit sal vir julle gegee word, soek en julle sal dit kry, klop en die deur sal oopgemaak word. Vertrou op God in alles, want julle is sy kinders’ (God se kinders, Aartsbiskop Desmond Tutu).
Murray Janson meen die gebedsgelykenis wat op die gebedsvoorbeeld volg is nie net pragtig en byna humoristies nie, maar spreek boekdele oor gebed. Indien jy nie sy dagbesinnings boek “In sy Teenwoordigheid” het nie, vra en ek stuur vir jou sy mooi storie/uitleg hieroor aan (heaven@lantic.net).
“Gebed is ‘n persoonlike ontmoeting met God en bly ‘n misterie” (Isak du Plessis in God en wetenskap). Gebed is volgens Du Plessis ‘n soort samewerkingsooreenkoms met God, daarom probeer hy altyd seker maak wat hy vra, sal bydra tot die algemene welsyn van sy verhouding met God en sy omgewing. (Bid en werk gaan hand aan hand. Sien Ban Ki-Moon se kommentaar hieronder)
Ek hoor gereeld by bidure aan huis van lidmate dat iemand oor sy/haar doen en late, veral kommer oor kinders bid. Hulle sal ook vertel wat hulle goed doen en vir dominee se kar – veral die tyres – bid. Terloops, ek het nog nie ‘n ongeluk op die grondpad gemaak nie.
Wêreld bid vir Madiba’ – VN-hoof
2013-06-27 07:38
ban kimoon ap.jpg - 23.58 Kb
Ban Ki-moon (AP)
Verenigde Nasies – Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, het Woensdag gesê die wêreld bid vir Nelson Mandela terwyl dié ikoniese leier om sy lewe veg.Ban het Mandela “een van die reuse van die 20ste eeu” genoem by ‘n dinee in New York vir die 50ste herdenking van die sameroeping van die Organisasie vir Afrika-eenheid, wat ook ‘n rol in die stryd teen apartheid gespeel het.”Ek weet ons gedagtes en gebede is met Nelson Mandela, sy familie en geliefdes [en] alle Suid-Afrikaners en mense oor die wêreld heen wat geïnspireer is deur sy merkwaardige lewe en voorbeeld,” het Ban gesê.”Laat ons vandag almal dieselfde sin van doelgerigtheid hê terwyl ons werk om die welstand en geleenthede van alle Afrikane te verbeter,” het die sekretaris-generaal gesê.Lewensondersteuningsmasjiene word gebruik om Mandela, 94, te help om asem te haal.  (SAPA)
Pieter van Niekerk
Preekriglyn in Argief: http://www.communitas.co.za/leesrooster/nt/42-Lukas/Lukas%2011_1-13.htm
Seisoen van Luister PowerPoint: http://www.seisoenvanluister.co.za/produkte/powerpoint-en-word/kerkjaar-volgorde/kerkjaar-2012-13/files-download/787_78b962be13dcf0c7693e00b0cbf94e05