{ARGIEF}

Heinrich
Dankie vir jou kommentaar- ek dink dit is die soort innovering wat ons nodig het en met mekaar oor moet praat. Ek het persoonlik bie gehou van jou voorstel oor die ontwikkeling van netwerke- my ervaring is dat dit net goed werk indien daar baie tyd spandeer word aan die ontwikkeling van leierskap om die netwerk te laat werk.- wat lekker is van netwerke is dat dit plooibaar is en kan aanpas gelang die plaaslike omstandighede. Dit geld mi vir stad en platteland- dink maar aan hoe gemeentes in die platteland geraak is deur kinders wat elders skoolgaan- baie van daardie mense is nie meer naweke met hulle kinders op die dorp war hulle gemeente is nie- maar dit beteken nie dat ons nie met hulle ‘n netwerk kan vorm nie.
Dan wil ek jou opmekring oor die beskikbaarheid van die predikant vir “mense”nie lidmate nie onderstreep. Ek dink dit het ‘n tweerlei belang. In die eerste plek is lidmate mense- en moet ons waak daarteen in gemeentes om hulle te sien as objekte van ons bediening wat net in die rol van lidmate leef- hulle mense en wil graag as mense in hulle volle menslikheid erken en ontvang word. In die tweede plek- beteken dit natuurlik dat predikante ne daarmee die gemeente se sorgsisteem nie net vir lidmate bedoel is nie- maar vir mense in hulle behoefte aan gemeenskap en versorging. In die hele gesprek oor huisbesoek is dit seker die eintlike saak- huisbesoek in sy tradisionele vorm neig om die gemeente se fokus te neem na die versoring van lidmate asof die gemeente haar bestaansdoel daarin vind. Die omgekeerde is waar- die gemeente as sorgsisteem- is bedoel om gefokus te wees op die gemeenskap- ja op die mense wat die Here daagliks 24/7 oor ons pad bring. Dankie vir jou korreksie
‘n Ander reaksie wat ek op die bydrae oor huisbesoek gekry het het te make met die oorgangsfase van ‘n gemeente wat roetine besoek omskakel in ‘n ander vorm van ‘n sorgsisteem- hierdie omskakeling kan maklik backfire indien dit nie noukeurig gedoen word en daar nie genoeg aandag gegee word aan die oprigting van sorgsisteme- waarvan die opleiding en begeleiding van leiers die belangrikste is- soos hierbo reeds genoem
ek hoop daar kom nog gesprek oor die saak sodat ons by mekaar kan leer