{ARGIEF}

Tema: Emosionele Intelligensie in die suksesvolle gesin
Aanbieder: Dr Pieter van Jaarsveld
Waar: Bettysbaai Oord, Bettysbaai
Prys: R1 100 per egpaar
Skakel Esther by 021 808 9060 of e: estherb@sun.ac.za
EMOSIONELE INTELLIGENSIE IN DIE SUKSESVOLLE GESIN 
Emosionele Intelligensie (EI) bepaal nie alleen meer as 85% van die sukses van leiers nie, maar ook die geluk in jou daaglikse lewe! Negatiewe emosies affekteer die gesondheid van die mens bv 5 minute van woede, angs, bekommernis het ‘n ses-uurlange effek op die liggaam se immuunsisteem. Dit lei tot lae energie vlakke, uitbranding, stres, hartkwale, kroniese pyn. Kroniese pyn kan die brein laat krimp! Navorsing wys ook dat 74-90% van siektes stresverwant is. EI is nie net nodig vir die gesonde welwese van die mens nie, maar ook vir die gesinslewe!
Die goeie nuus is dat jy jou emosies kan beheer, nie alleen vir ‘n gelukkiger lewe, maar ook vir ‘n meer suksesvolle gesinslewe! Hierdie is nie ‘n huweliksverrykingskursus nie, maar ‘n naweekkamp om te sien hoe Emosionele Intelligensie my kan help om meer gelukkig te wees en ‘n suksesvolle gesinslewe te kan geniet.
Uitkomste:

  • Verstaan hoe Emosionele Intelligensie daaglikse geluk beïnvloed en hoe om emosies te beheer;
  • Tegnieke om ontslae te raak van negatiwiteit, woede, minderwaardigheid en selfs depressie;
  • Bepaal individuele stressors:
  • Bemeester die enigste strestegniek wat 24/7 gebruik kan word;
  • Tegniek om stresvlakke binne twee minute te verminder wat tot ‘n gesonder lewe sal lei en bloeddruk kan verlaag;
  • Verhoog positiewe hormone in die liggaam vir ‘n gesonder en gelukkiger lewe;
  • Verstaan eie EI en hoe dit ‘n goeie gesinslewe kan bevorder;
  • Hoe kommunikeer ons op ‘n emosionele intelligente wyse, veral nie-verbaal,  met mekaar.

Egparekamp inskrywingsvorm 2013