{ARGIEF}

deur Hester du Toit
sonstraal
Bottelary-transformasie is een van die gemeente se projekte waar veral vrouens, maar ook mans ‘n verskil maak. Die visie is ‘n holistiese benadering van voed die gees, siel en liggaam.
Sonstraal het 56 broodjiemakers wat beurtelings  Sondagoggende teen 09h00 broodjies voorsien, asook selgroepe en ‘n span, onder leiding van Amanda en Cobus Louw, wat ‘n gekookte bord kos na dienste voorsien. Sonstraal se inspirasie is om te sien hoe Corinne Jansen en Sunnet Sondagoggende voor die diens vrouens se lewens verander met hul geletterheidsklasse. Elf vroue van die gemeenskap van Bottelary is ook
opgelei deur “Words for Life” (‘n geletterdheidsprogram) om “tutors” te word.
Saamspeel met meer as tagtig kinders soggens, bou brûe van vertroue en bind die Bottelary-gemeenskap as ‘n familie aan Sonstraal. Ons hele droom vir die gemeenskap is om voete te was totdat hulle self kan hardloop met die visie om vorentoe te saai. Om hierdie rede is daar vele ander betrokkenheid van vrouens wat die gemeenskap help met ‘n hele klomp lewensvaardighede vanaf identiteitsdokumente te kry tot hulp om kinders
wat in moeilike omstandighede matrikuleer, verder te help op verskeie maniere. Bottelary-gemeente raak alreeds ook betrokke en het verlede jaar vir die vroue van VGK Morningstar gaan bederf met ‘n lieflike vrouedag van dans, sing, armbande en borsspelde maak.
Liezl Dry, Briëtta Rautenbach en Elunda Basson bestuur ‘n projek waar hulle meer as 700 kersbokse, ter waarde van minstens R 150.00 elk, ingesamel het uit die gemeente en besighede om die hele gemeenskap se kinders te bederf met die enigste kersgeskenk wat meeste sal ontvang.
Hierdie aksie benodig vele meer betrokkenheid en as u graag wil betrokke raak op enige wyse, kontak Hester du Toit cascadecape@telkomsa.net.