{ARGIEF}

5
deur: Heidi Botes
Uit Bergsig se vroueaand het hierdie pragtige woestyn-rosie-storie ons aangegryp en ons deel dit ook met julle: Baie dankie aan Heidi Botes vir die navorsing hiervan en vir Google vir al die hulp.
Heidi vertel dat sy die aand gevra is om so ietsie oor die woestynrosie te sê. Die storie is so aangrypend dat dit net herhaal moet word.
As ons na die woestynrosies en al hul eienskappe kyk, is dit gou duidelik dat ons klomp “girls” en die woestyn-rosies eintlik baie in gemeen het. Heidi het die eien-skappe so vasgevat en elke vrou laat wonder of sy die woestynrosie is:
• Woestynrosies is geharde plantjies. Hulle groei net waar hulle geplant is en sal selfs in die moeilikste omstandighede aanpas.
• Hulle word ook Kliprosies of Skaamrosies genoem.
• Die woestynrosie is baie veelsydig en kan in hang-mandjies, klein potjies, groot beddings of sommer net as tafelversiering ‘n baie mooi prentjie skep.
• Die blaartjies se punte lyk skerp – asof dit jou kan steek, maar is eintlik sag … ons meisies lyk soms vir die wêreld ook sterk, hard en gevaarlik, maar dit steek meestal net ons sagte harte weg.
• Google reken: hulle groei in “roset vorm” en “die loof-kleur is meer intens in die herfs en winter” – ons er-vaar sommige dae ook dat ons meer intens is en in se-kere seisoene van ons lewens ís ons dan ook meer intens …
• “Uit een roset wat gelukkig en tevrede groei, ont-wikkel dik vlesige stele wat later weens gewig op die grond groei” – ons groei ook op ons beste wanneer ons gelukkig en tevrede is …
• Die blaartjies groei in verskillende kleure soos “ysblou, duifgrys of dofgroen” en dit klink vir my nogal misterieus en romanties.
• Die woestynrosie hou daarvan om gereeld water te   kry – anders as die ander vetplante? Net soos ons wat gereeld by ons Vader se voete gaan sit om van sy Lewende water te drink.
“The wilderness and the dry land shall be glad; the dessert shall rejoice and blossom like the rose and the autumn crocus; It shall blossom abundantly and rejoice even with joy and singing.”
• Soggens vroeg of na ‘n reënbui is die dou of reëndrup-pels soos blink pêrels in die hart van elke roset en dán is hul op hul mooiste.
Kom ons gaan raak stil en kry bietjie lewende water wat ons soos blink pêrels op ons harte kan dra sodat ons ook op óns heel mooiste kan wees!!