As daar een saak is waaroor mense maklik krities raak, is dit dat ander mense nie die Here op “die spesifieke manier waaraan ons”gewoond geraak het aanbid nie. Maar hoekom bid ons op verskillende maniere ? Hoekom is daar gelowiges wat in een gemeente is, maar...
Is dit regtig nodig om ‘n spesifieke gebedsplek te hê?
Is ‘n spesifieke gebedsplek nodig? Ons is heeltyd besig om teologies te besin oor gebed, maar laat jou gedagtes vinnig dwaal na die praktyk van jou eie gebedslewe. Behalwe dat jy die hele tyd saam met God leef, wil die Bybel tog dat jy spesifieke tyd aan gebed...
Gebed is om God, weer God te maak in jou lewe!
Ek het die verwoording van bogenoemde saak ook by Phlip Yancey raakgelees. In sy uitstekende boek “Prayer: Does it make a difference” vertel hy hoe Ps. 46:11 ( “ Bedaar en erken dat Ek God is “) op twee maniere hierdie waarheid van gebed onder ons aandag bring.
Is ons gebede vir God belangrik?
Openbaring 8 het my weer herinner hoe kosbaar ons gebede in God se oë is. In die teks word vertel dat daar met die eindoordeel ʼn halfuur stilte in die hemel sal wees. Tradisioneel word daar twee verklarings vir die gedeelte gegee. Albei het met gebed te make en sluit baie nou bymekaar aan.
Die Here hoor nie my gebed nie!
Soms, sal mense vir my vra
“Dit voel vir my of die Here my nie hoor nie Dit voel of ek teen die dak vas bid! Soms voel dit vir ons of die Here ons nie hoor as ons bid nie. Ons bid en ons vra die Here om te help, maar dit voel net vir ons asof niks gebeur nie. Dan word ons moedeloos.
Miskien is die antwoord daarin geleë – nie omdat die Here ons nie hoor nie, maar dalk omdat ons nie vir die Here hoor nie. Gebed is nie maar net ʼn eenrigting kommunikasie middel waar ons versoeke kan insit en wag dat ons dit ontvang nie. Gebed is ʼn kommunikasiemedium tussen ons en God. Vir gebed om effektief te wees, moet daar ʼn opregte verhouding tussen ons en God wees.
Bid iemand ooit vir my?
Soms as ek sukkel om te bid, wonder ek of daar dalk iemand anders is wat ook vandag vir my bid. Ons verseker so maklik vir ander dat ons vir mekaar bid. Dan wonder ek of almal wat so in die verbygaan vir my 'n belofte om gebed gee, dit regtig doen. Het dit nie maar ʼn...
Wat vertel jou gebedstaal oor jou verhouding met God?
In ʼn onlangse artikel van Stefan Joubert praat hy oor die geloofstaal wat ons in die kerk gebruik. Hy maak die geldige punt: – dat die tipe geloofstaal wat jy as kerkleier gebruik, iets van jou beskouing van kerk en koninkryk kommunikeer. As jou taalgebruik vol...
Jou gebed veraai jou geloofsidentiteit.
Hoe weet jy watter god iemand aanbid? In die Bybelse tyd is mense herken volgens die Naam wat hulle aanbid. Gebed is ʼn universele saak wat in byna al die godsdienste op een of ander manier beoefen word. Mense se godsdienstige oriëntasie word herken deur die identiteit...
Hoe lyk jou geestelike (spirituele) identiteit?
Soms sukkel ons met ons gebedslewe omdat ons nie regtig weet wie ons in Christus is nie . Dit is dus goed om die hele wete dat ons aan Christus behoort te herbesoek. Ons identiteit kan niemand van ons wegneem nie. Omstandighede kan dit nie vervreem nie, so ook nie...
Om vir ander te bid is om hulle hoop te gee!
Hoe gemaak met mense wat saam met jou leef en wat hoop verloor het – wat hoop-loos is? Ek het al baie by mense gesit met ʼn volslae hooploosheid in hulle oë, net om te sien hoe daar na ʼn gebed lig in hulle oë verskyn. Is dit omdat gebed ʼn towerformule is? Wat is dit...