Ons weet nie hoe goed julle Sjona is nie, maar ons weet Piketberg se Kix is besig om teen snelle vaart hulle Sjona aan te leer. Die tweede kwartaal het pas begin toe ons ’n epos kry met die versoek vir nog Shona woorde. Piketberg het reeds so gewoeker dat hulle meer...
ZIM ABC wat die Woord gee
Hoe gaan dit met ons projek vir 2015? Ons sal binnekort nog oulike idees gee om weer ‘n bietjie woema te gee met ons insamelings. Verlede jaar se projek: Tyd loop so vinnig aan. Wie kan nog onthou wat verlede jaar se projek was? Dit was die projek: “Vertel, vertel!”....
VROEË KINDONTWIKKELING (ECD) BEWEGING VIR DIE NG KERK – WERKSWINKEL
Laai hier die KMDR brief aan gemeentes af met meer inligting
Verlore generasie?
Bediening aan die 18-35 jariges: ‘n 2-Dag VBO Kursus Daar is min gemeentes wat daarop sal kan roem dat hulle ’n baie suksesvolle bediening aan die 18 – 35 jariges het. Inteendeel. Die meeste gemeentes sukkel om kinders na belydenisaflegging gekoppel te hou aan die...
HOEKOM #IMAGINE DIE BELANGRIKSTE BYEENKOMS VAN HIERDIE GENERASIE IS
Die meeste van ons wat van 21-23 Maart 2014 op die #imaginekamp was, gloei nog van al die opwinding (met hierdie skrywe was dit immers ‘n skamele vier en twintig uur tevore): Etlike duisende jongmense en volwassenes; ‘n jeugfees wat skaars beskryf kon word met enige...
Jeugkantoor vierde kwartaal 2014
Wil julle mooi stories hoor? Ek het sommer ‘n paar om te vertel. Op ‘n besoek aan een van die gemeentes in ons platteland meer as 400km van die Kaap af, vertel ’n vrou die volgende: Sy het die tennisspannetjie van haar laerskool vergesel na hulle wegwedstryd op ’n...
KIX.KOM 2014
Kinders van die Bybel: Daar is reeds 6 ontmoetings waarin verskillende kinders van die Bybel ontmoet word, op die webblad. Teen April sal daar nog 6 nuwe ontmoetings beskikbaar wees. In die tweede helfte van die jaar gaan ons ‘n wonderlike reis saam met Paulus...
Wat bied die Jeugkantoor?
Ons glo kinders en Jongmense is nie die toekoms van die kerk nie, maar is reeds die kerk in elke gestalte denkbaar. Generasies wat goed na mekaar luister en saam soek na die wil van die Here kom vêrder as wanneer almal in homogene groepe apart bedien word. Die...
Is Positiewe Ouerskap negatief?
Kommentaar op ‘n artikel in een van ons Christelike tydskrifte?
In een van die nuutste Christelike tydskrifte op die rak skryf een van die voorste ouerskap-kenners se man die volgende paar sinne en ek haal aan: “Ek en (sy vrou se naam) is nie mal oor “positiewe ouerskap” nie. Dit is nou die skool van kinderopvoeding wat aanbeveel dat kinders nie vir verkeerde gedrag gestraf moet word nie en nooit die woord “nee” moet beleef nie. Ek weet dit klink onsinnig maar baie Christen-ouers volg hierdie benadering. ’n Mens sou reken Christene weet dat ons kinders (net soos ons) in sonde gebore is en dat verkeerde gedrag konsekwent gestraf moet word, terwyl regte gedrag soms beloon kan word. Die woord nee het nog nooit iemand se gees geknak nie en ’n rebelse kind behoort hom of haar teen ferm grense en ernstige gevolge vas te loop. Dit is hoe God met sy kinders werk.”
Jeug en familie
Sharon en Gielie het die voorreg om in hierdie bediening te speel. Ja ons wil weer kinders en tieners en ouers help speel in die genade van die Here en so die blydskap van die Evangelie weer ervaar. Die Jeugkantoor: Stellenbosch Kontakbesonderhede...