{ARGIEF}

Month: February 2010

Wonderlike goed tussen “praise and worship” deur

Onderstaande artikel van Johan van den Heefer het in die By van Die Burger verskyn ‘n week gelede.  Ek het kommentaar daarop gelewer en plaas die artikel, met toestemming, sowel as my eie kommentaar.  En ek nooi jou uit om ook daarop kommentaar te lewer.

Seks in die kerk

Grafika: Jaco Grobbelaar

Tempelprostitusie (om seksueel te verkeer met iemand anders as jou maat vir ‘n geestelike motief) was in Ou Israel se geskiedenis iets waarteen mense gereeld gewaarsku is.  Van Levitikus tot met die profete is die volk dikwels vermaan om van dié praktyk weg te bly. Dit was skandelik om seksualiteit in die tempel te beoefen in die naam van godsdiensbeoefening.  In dié seksuele verkeer het dit nie oor die god gegaan nie. Ten diepste het dit gegaan oor die vrou wat aanbid word as die godin van vrugbaarheid.

Vandag sou dit ondenkbaar wees dat so iets in ons kerklike kultuur gebeur. Vrugbaarheidsrituele is ook nie meer deel van ons Westerse denkwêreld nie.  Die vraag is egter: Hoe naby het ons weer aan die beginsel van oppervlakkige seksualiteit in ons aanbidding gekom? Is die moderne idioom vir tempelprostitusie nie dalk ‘n baie mooier en vromer geestelike erotiek nie?  Scot McKnight (Karl A. Olsson-professor in godsdiensstudies aan die North Park-universiteit) het die term “geestelike erotiek” op sy blog (www.jesuscreed.org) gebruik, en ek wil met hom daaroor saamstem.

Wat word bedoel met geestelike erotiek?

Let op hoeveel van die liedere wat vandag in kerke gesing word, bevat die woorde “ek”, “me” en “I”. Ons het verlief geraak – nie op die God van die liefde nie, maar op die lekker gevoel wat dit bring om oor die liefde van God te sing. Ons lofprysing en aanbidding is indirek op onsself gerig.  Hierdie emosionele belewenis, wat ons graag as die teenwoordigheid van die Heilige Gees wil interpreteer, is niks anders as geestelike erotiek nie.  Lidmate van gemeentes waar “praise and worship” hoog op die agenda is, verklaar graag dat hulle die eredienste geniet. Dit is na my mening juis die erotiese sing oor die liefde wat geniet word.

Die idioom is dikwels die liefdesliedere van die wêreld, wat niks anders as oppervlakkige verliefdheid is nie. Dié verliefdheid word op God geprojekteer as ware liefde, of dan ware geloof. Hier kom die verbruikersmentaliteit op sy sterkste na vore, want musiek, wat die draer van die emosie of dan die erotiek is, moet deurgaans vernuwe en verander. Daar moet deurentyd na ‘n nuwe lied gesoek word. Dit bly dus ‘n konstante soeke na ‘n erotiese ervaring wat beleef word as egte godsdiens. God is ongelukkig nie die fokus nie, maar die orkes of die deelnemers. In hierdie romantiek binne die kerke word Jesus my “vriend” (boyfriend).

Behoort ware aanbidding nie in totaliteit op God gefokus te wees nie? Dit bly vir my een van die mooiste eienskappe van die liturgie in die Christelik Ortodokse tradisie, naamlik die skoonheid en eenvoud van die aanbidding.  Deelnemers aan so ‘n liturgie verheerlik en aanbid God net met stemme en met musiek wat eeue oud is. Die musiek se doel is inderdaad om intimiteit met God te bewerk, maar dié musiek en aanbidding bring die deelnemer in verwondering oor God.

read more

Om ontwortel te word kan ‘n seen wees

Ek het die week begin broei oor hoe om "displacement" van uit 'n ander hoek te verstaan. Byna so uit die bloute het die tema ge-pop die week. In 'n gesprek oor die geskiedenis van sendingwerk in Suider-Afrika, leer ek dat daar heelwat van die boerekrygers is wat...

read more

Nuwe afgode: missionêr, organies…

In 'n reaksie skryf Frank Viola (skrywer vano.a. Reimagining Church en Organic Church) oor die verstaan van "organies" en "beweging". I’ve been gathering in organic expressions of the church (as defined above) for the last 21 years. And from my observations, many of...

read more

Tying the Clouds Together

Rob Bell’s metaphors and references make his listeners stretch, but his wisdom for preachers is down to earth.
A Leadership interview with Rob Bell | posted 2/01/2010

He once planted a church by teaching through Leviticus. He can use a rabbit carved from a bar of soap to illustrate the nature of suffering. Google his name and the term “Sex God” will appear among the top entries.

Rob Bell is the most interesting preacher in the world.  Bell is the founding pastor of Mars Hill Bible Church in Grand Rapids, Michigan, but his reputation as an innovative communicator came largely through his video teaching series, NOOMA. Since launching Mars Hill in 1999, Bell’s ministry has expanded into books, DVDs, and live tours, but he is still committed to shepherding his community at Mars Hill through preaching.

Leadership managing editor Skye Jethani sat down with Bell to discuss his approach to communicating, the state of preaching in the church, and the risks the pulpit presents to a pastor’s soul.

Your sermons are known for pulling from unexpected sources—everything from art history to quantum physics. Why?

When Jacob woke up after his vision of angels ascending and descending on the ladder, he declared, “Surely God was in this place and I did not know it.” And Jesus says, “My Father is always at work even to this very day.” Jesus lives with an awareness, an assumption that God is here and he’s at work. Dallas Willard calls this “the God-bathed world.” This has deeply shaped me.

My assumption is that God can be found in all of the interesting things buzzing around us all the time. So we can take something from here and something from there and bring them together. A friend of mine calls it “tying the clouds together.”

read more

Verder Geluister: Lukas 5:1-11

Vyfde Sondag van Epifanie ~  7 Februarie 2010 - Lukas 5:1-11 Luk 5:1-11 is `n baie ryk gedeelte wat heelwat moontlikhede vir die prediking bied.  Die stuk in die Preekstudies wat deur Eric Scholtz gedoen is, gee `n goeie oorsig en is uiters bruikbaar.  Hy verwys ook...

read more