{ARGIEF}

Month: April 2011

Is die dominee die kaptein of die afrigter?

Ek dink daar is ‘n rolverwarring by baie predikante. Ons sien onsself as die kaptein op die veld wat die gemeente moet lei. Ons Kerkrade dink ook so en hulle meet ons toenemend aan ons prestasies as kapteins. Byna soos met sportlui voel Kerkrade daar moet ‘n prestasie-klosule ingebou word en sommer direk gekoppel word aan die vergoeding van die leraar. Hoewel min Kerkrade dit sal doen, is daar baie wat heimlik hoop hulle kan dit doen.

Op die oog af klink dit nie te dronk nie, maar as jy so ‘n bietjie daaroor dink is dit nie moeilik om tot die besef te kom dat die soort denke ons nie gaan help nie. Die probleem is nie in die eerste plek die noodsaak van verantwoordbaarheid nie. Ek dink dit is noodsaaklik en dit is jammer dat soveel predikante bang is vir verantwoordbaarheid- maar hieroor later. Die probleem le meer in die “prestasie” gedagte maar eintlik in die verstaan van die rol van die Leraar, en die probleem kom van twee kante af.

read more

Op reis saam met Gobabs

Die Israeliete is gereed om die reis aan te pak na na die beloofde land en dan vra Moses vir sy swaer, Gobab die Midianiet, om saam met hulle te trek. (Num. 10:29 – 32) Gobab verkies om na sy land terug te keer.  Moses hou vol. Hy verskaf twee redes:  Ten eerste wil hulle die seëninge wat hulle van die Here gaan ontvang met Gobab deel en tweedens het hulle hom eintlik nodig, want hy ken dele van die woestyn wat hulle nie ken nie.

Soveel gedagtes rondom hierdie moment in die geskiedenis van Israel word los gelaat. Ons leef self in ‘n opwindende tyd in ‘n opwindende land. Ons vind ook dat daar almeer dele van hierdie landskap van ons is wat ons nog nie werklik deurgrond het nie. Ons het ook baie seëninge om uit te deel.

Wie is die Gobabs in ons lewens?

Ons kan leer by mense van ander kultuur- en etniese groepe. Die een groep kan by die ander leer hoe bv. apartheid hulle menswees geraak het, hulle psige ingedring het, hulle verstaan van medelandgenote steeds raak.  Ons het nog glad nie genoeg geluister hoe mense geraak is deur die vergrype van die verlede nie. Ons verstaan nie werklik die woede wat daar steeds is en ook selfs opnuut losgelaat word nie. Ons het hierdie kennis nodig om saam die pad vorentoe te loop.

read more