{ARGIEF}

Month: April 2011

Om ‘n Psalm te sing

Annalise Wiid is van woorde en wysies aanmekaargeweef. Sy skryf – stories, liedjies, rubrieke, wat vertel van God en van die lewe. En sy reis – sing-sing, die land deur – om dit met gehore te deel. Gaan kuier gerus by www.annalisewiid.co.za Om 'n Psalm te sing ... Wat...

read more

Om gereed te wees

  Gaan kuier gerus by www.annalisewiid.co.za Annalise Wiid is van woorde en wysies aanmekaargeweef. Sy skryf – stories, liedjies, rubrieke, wat vertel van God en van die lewe. En sy reis – sing-sing, die land deur – om dit met gehore te deel. Om gereed te wees … Is ‘n...

read more

Verder geluister: Psalm 31

Om in beheer te wees van jou lyding

Psalm 31:10-15 vir Palmsondag – 17 April
Depressie is die siekte van ons tyd, sê hulle. Dis nogal jammer dat dit so is.  Regtig jammer. Depressie is erg. ‘n Mens wens niemand dit toe nie.  Depressie vat jou na waar jy nie wil wees nie. Na die dieptes van die afgrond; na die donkerstes van wanhoop.

Maar eintlik is terneergedruktheid so oud soos die mensdom self. Ons geslag het nie “afvoel” uitgedink nie. Angs en wanhoop stap saam met die mensdom van sy kinderskoene af.

read more

The King’s Speech … en die kerk

Ek het onlangs The King’s Speech gaan kyk. Sondag het ek in Loopbane (Rapport: 10/04/011) gelees dat dit op die internet gons soos leierskap-ghoeroes en lewensvaardigheidsafrigters hul mening oor hierdie Oscar-bekroonde rolprent uitspreek.

Dis ‘n aangrypende verhaal van die stamelende hertog van York, wat later onverwags koning van Engeland word. Dit beeld sy stryd met sy spraakgestremdheid uit, hoe hy dit te bowe kom en sy volk toespreek en besiel met ‘n regstreekse radio-uitsending toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek.

read more

Communitas.co.za vir selfone!

Jy kan Communitas.co.za  nou met groter gemak op jou selfoon lees. Communitas se tuisblad vir selfone bevat al die normale voorblad artikels.  Daar is ook skakels na die blogs, die soek-funksie, die lys van kursusse vir 2011 en die inteken-funksie...

read more

Mohamed Bouazizi se dood het miljoene gered

Wat kan die kerk leer van die Moslems in Egipte?

Mohamed Bouazizi se naam sal nooit in die geskiedenis van die kerk opgeteken word nie. Tog het hy deur sy lewe te gee, hoop en bevryding gebring vir miljoene mense. Bouazizi was ‘n jong man(26), met ʼn universiteitsgraad wat vrugte verkoop het om te oorleef. Hy het gewoon in ‘n klein dorpie, Sidi Bouzid in Tunisië. Die armoede en die strukturele onderdrukking wat hy ervaar het, het hom gedring om sy lewe op te offer as simbool van die onreg wat plaasvind. Op 4 Januarie 2011 sterf hy nadat hy homself aan die brand gesteek het.

Sy daad inspireer ʼn generasie jong mense wat al lankal geweet het iets is verkeerd. Sy daad begin ʼn beweging soos die wêreld nog nie gesien het nie. Verskeie ontleders poog om die Jasmyn revolusie, wat begin het in Tunisië en oorgespoel het na Egipte, Libië en ander Midde Oosterse lande, te vergelyk met die revolusies in 1848 (Frankryk en Duitsland) en 1989 (Tiananmen Plein, Pole, Oos-Duitsland ens.).  Die slotsom waartoe hulle kom is – jy kan nie.

read more

Luister soos dirigente

Leierskap, veral geestelike leierskap, is om oop en sensitief te wees vir die Stem van God. Leierskap is ‘n akoestiese kuns, herinner Leonard Sweet. Daarom is geestelike leiers eerder dirigente as afrigters, reken ek.

Geestelike leiers is heilige dirigente, ingestel om eers in hulleself die harmonie van God se roeping en wil op te tel, en dan ander te begelei om in harmonie saam te speel. Daarvoor het ons ‘n ander manier van kyk na ons sisteme nodig wat anders werk as sekulêre leierskapsbeoordelings. Hoewel ons baie te leer het by ander modelle, werk ons met die vermoëns van die Gees en gees, en dis op sekere punte anders as algemene leierskap.

read more

Verder geluister: Johannes 11 – Sondag 10 April 2011

Vyfde Sondag in Lydenstyd 2011

Die uitstekende stuk eksegese en preekvoorstel gee verskeie roetes wat ʼn boodskap uit Johannes 11 kan neem. Die pastorale roete wat in meer detail in die preekvoorstel uitgewerk is, sal in alle gemeentes mense aanspreek, want daar is niemand wat nie gekonfronteer word deur die dood en lyding nie.

Dit bly aangrypend maar ook vertroostend om Jesus te sien huil; om te weet God kán huil. Hy huil met ons, Hy huil oor ons. Sy gemoed het vol geskiet van bewoënheid oor die dood, oor skeiding, oor die mag van die dood, duisternis, verganklikheid en ons gelowiges se onvermoë om verder te sien.

Jesus huil ook oor die kerk, oor die kerk as dit sterf. Jesus huil beslis oor baie gemeentes.

Dit kan ook  ʼn roete wees om oor Johannes 11 te preek. Dit is nie moeilik om die parallelle vanuit die leesrooster se eksegese na die kerk/gemeentes te “verbreed” nie. ‘n Mens kan selfs sê: as Hy oor Lasarus en die hartseer van die familie bewoë was, hoeveel te meer nie oor sy eie liggaam, die kerk nie?

read more

Geweld wat verneder …

Die moontlike vrylating van ‘n klomp gevangenes op parool, is die afgelope tyd in die nuus. Die laaste paar jaar het ek in heelwat tronke in ons land gekom. Die laaste drie jaar spesifiek het ek net met gevonnisde moordenaars gewerk. Ek het met 400+ onderhoude oor die doodstraf gevoer. Ongelukkig mag ek nog geen bevindings publiseer nie – Korrektiewe Dienste moet eers hul stempel van goedkeuring daarop plaas. Ek kan net sê: ek het geweldig baie geleer!

Ek het nuut begin kyk na die impak van gebroke huishoudings en stukkende gemeenskappe op (jong)mense se lewe. Oor die vernedering, woede en aggressie by jongmanne oor afwesige pa’s in hul lewe. Oor hoe van die gevangenes oortuig is dat Suid-Afrika sy geweld en misdaad verdien omdat ons te min doen om stukkende kontekste te genees – ook die kerk!

read more