{ARGIEF}

Jy kan Communitas.co.za  nou met groter gemak op jou selfoon lees.

Communitas se tuisblad vir selfone bevat al die normale voorblad artikels.  Daar is ook skakels na die blogs, die soek-funksie, die lys van kursusse vir 2011 en die inteken-funksie aangebring. Jy kan steeds ‘n artikel share met jou sosiale netwerk, en kommentaar lewer onderaan enige artikel.

Die bandwydte vir selfoon gebruik word dus tot die allerminste beperk.  Die volle blad is steeds beskikbaar aan die onderpunt van elke bladsy.  Klik op Standard Version wat die normale webbladsy sal oopmaak.  Om terug te verander, klik op Mobile Version. Tablette (iPad, Galaxy en kie) kan enige van die twee opsies gebruik.

Ons sal terugvoer waardeer!