{ARGIEF}

Hoe om jou geloof

prakties te kan uitleef

in die konteks van

ons tyd!

“What is Missional Entrepreneurship? Where business, mission, philanthropy, creativity, and theology intersect. In short, an entrepreneur on a mission with God.”

Business As Mission (BAM)

Missionaliteit as Entrepreneurskap: die praktiese uitleef van geloof met groot opwinding! is ‘n kursus wat plaasvind van 30 Januarie tot 1 Februarie 2018 by Communitas, Stellenbosch.

Die tafel is gedek! Ons beleef ‘n tyd met van die grootste uitdagings, geleenthede en opwinding vir gelowiges in ons land se geskiedenis. Groei as persoon en gelowige kan gewaarborg word omdat dit so in praktyk is dat mens voel asof jy langs die Here loop.
Soveel leiers op alle fronte, plaaslik en internasionaal, beklemtoon die relevansie van entrepreneurskap en die gepaardgaande verandering in denke wat nodig is vir die voortbestaan van die mensdom in geheel. Veral in Suid-Afrika het ons hierin ‘n hele aantal grense om oor te steek. Gelowiges het ‘n wonderlike venster-periode geleentheid. Die kerk se wiel draai stadig maar dit het reeds begin draai met die ASM se jongste besluite oor gemeentes se rol tov armoede en werkloosheid. Die vraag is: Hoe pro-aktief kan die kerk wees?
Klem val in die kursus op die noodsaaklikheid, huidige stand en metodiek van entrepreneurskap-ontwikkeling, as komponent van die kontekstualisering van die kerk. Die aanpassings van ons denkraamwerk (mindset) blyk ‘n hoë prioriteit te wees, nie net tov ons jeug en werkloses nie maar ook by dié wat as gestuurdes hul roeping wil uitleef. Daarom kry die hervormingsproses van die persoonlike denkraamwerk groot klem in die kursus.
Die breë raamwerk lyk as volg:

  1. Teologiese fundering van Missionaliteit en Entrepreneurskap in kombinasie
  2. Entrepreneurskapsontwikkeling se huidige stand en toekomstige rol in konteks van die wêreld, Afrika en Suid-Afrika
  3. Die identifisering en betekenis van vernuwende denke (mindset) op persoonlike en kerklike vlak, as die mees belangrikste element vir entrepreneuriese denke-ontwikkeling in Suid-Afrika
  4. Ontginning in praktyk vir gelowiges in die kreatiewe wêreld van entrepreneurskap

Die doel van die kursus is om bedienaars van die Woord toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ‘n leierskap- en bestuursrol te vervul in die begeleiding van gelowiges se uitlewing van geloof in die konteks van ons tyd.

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO2 Missionaliteit as entrepreneurskap
Vul in en stuur saam met jou betaalbewys na Wilma
Vóór Woensdag 24 Januarie!