In die NGK Somerstrand gesels ons gereeld oor skilpad-geloof. Iemand het êrens gelees dat die pad saam met die Here dikwels soos ‘n skilpad is. Dit beweeg stadig voort, jy bid vir jare oor iets en dit voel vir jou dat niks gebeur nie, dat daar geen beweging is nie. ...
Beweging van die Gees 12: Die Gees trek mense op
Oor die 15 miljoen mense in Malawi, Zambië, Mosambiek, Zimbabwe, en tot ‘n handvol in Suid-Afrika, praat Chichewa (in Zambië ook genoem Chinyanja). ‘n Goeie 12 miljoen van hierdie sprekers leef onder die “amptelike” broodlyn van minder as R 8 (1 US$) per dag....
Beweging van die Gees 11: Die Heilige Gees beweeg ook deur kinders!
In ons gemeente het ons die afgelope jaar 'n bediening vir jeugdiges van 18-35 wat ons Crossings noem. Spesiale eredienste word in die aande vir hulle gehou in die taal en terminologie, konteks en karakter van jongmense in daardie ouderdomsgroep. Musiek word verskaf...
Beweging van die Gees 10: Die Gees oorwin vrees en bring so heling
'n Verhaal wat uitstaan en waar die bewegings van die Gees duidelik beleef is, is die verhaal van ’n dame in die gemeente (ongeveer 70jaar oud). Sy is deel van die span van die gemeente wat weekliks uitreik en betrokke is by ’n vroue-Bybelstudie-groep in Heidedal. ...
Beweging van die Gees 9: My totale uitkyk op die lewe het verander
Ek het met elke diens deel gevoel van dit wat plaasvind in die kerk. My totale uitkyk op die lewe het verander weens die feit dat `n gesprek met ander net nie meer `n normale gesprek kan wees nie. Ek het werklik dinge om my begin waarneem en het met elke gesprek my...
Beweging van die Gees 8: Die Gees rig leiers op wat verantwoordelikheid neem
Ons gemeente is vir 'n paar jaar in 'n proses om die Here se pad vir ons te vind maar stuit telkens teen die kultuur van blamering in ons gemeenskap. Telkens as die vernuwing kom en die gepaardgaande weerstand en kritiek, begin gemeentelede mekaar te blameer en...
Beweging van die Gees 7: Die Gees verander weerstand in meedoen
Nadat ons ‘n ruk gelede ‘n visie van die Here gekry het en begin het om dit te implimenteer, het daar aanvanklik weerstand gekom van gevestigde leiers.. Gebed van ons leiers het ons afhanklik van die Gees gegee. Ons het begin verstaan dat dit nie gaan oor wat ons...
Beweging van die Gees 6: Die Gees neem ons uit ons gemaksone na aanvanklike huiwering
‘n Ouer dame in ons gemeente het baie opgewonde teruggekom van ‘n besoek aan familie in die Vrystaat waar die 40 Dae so pas aangebied was met die versoek dat Strooidak dit ook moet aanbied. Die 40 Dae van Doelgerigte Lewe was vir drie jaar daarna ‘n staande punt op...
Beweging van die Gees 5: Die Gees beweeg ons deur ons bedroef te maak
In die noordelike voorstede van Kaapstad is daar 'n gemeente wat nie meer 'n predikant kan bekostig nie. Die eertydse groot gemeente het bitter klein geword. Om die kerk in die stadskern is meer as 200 vreemdelinge, swartmense uit ver lande wat tot hier gevlug het op...
Beweging van die Gees 4: Die Gees maak ouers eerlik en leerbaar oor dieper dinge
Ons het die Pinkstertyd met 'n nuwe Positiewe Ouerskap groep begin. Die meeste couples se kinders is in 'n tienerfase. Wat my opgeval het is die eerlikheid waarmee die ouers na die tafel toe kom, en desperaat vir hulp en tools. Hulle steek nie hulle probleme weg...