{ARGIEF}

Sosiale netwerke

Twitter by communitasweb!

Twitter is ‘n gratis diens aan gemeenskappe oor die wêreld om met mekaar te kan kommunikeer.  Deur die uitruil van kort gereelde boodskappe – amper soos sms’e – kan ‘n mens in voeling bly met wat in hierdie gemeenskappe aangaan.

Communitas sluit hierby aan (klik hier om direk na die Twitter blad by Communitas te gaan) en wil leraars, leiers en lidmate help om in voeling te bly met mekaar, sowel as met alles wat Communitas deur die loop van die jaar aanbied.  Hier sal jy nou eerste kan kennis neem van verwikkelinge in die Communitas-stal en die varste nuus uit ons Communitas-gemeenskap kan hoor.

Dit werk as volg:

  • Registreer by www.twitter.com.
  • Gaan na ons Twitter rekening by www.twitter.com/communitasweb en klik op Follow
  • Dan sal jy alle Tweets van Communitas af ook op jou Twitter blad (www.twitter.com/jounaam) kan sien, soos en wanneer dit gestuur word.
  • Alle tweets (of kwetters soos Die Burger dit nou die dag gebruik het) sal ook op ons Twitter blad by Communitas verskyn.
read more

Twitter transformeer debat in dialoog

Net so verbaas soos die Israeliete was oor die brood uit die hemel (Eks 16), so is sommige vandag nog verbaas oor die mikro-gesprekke van Twitter.  Dit is nou as mense enigsins weet van die bestaan van Twitter, darem al sedert 2006 met ons (Jack Dorsey)!  En waar die...

read more