Na 267 bydraes die afgelope 5 jaar word die bydraes vir Verder Geluister vir eers gestaak. Die terugvoer wat ons oor die jare gekry het, is dat dit waardevolle bykomende perspektiewe gegee het vir die preekriglyne volgens die RCL Leesrooster. Ons sê baie dankie vir...
Verder Geluister: Kol 1:11-20
24 November 2013 ~ Sewe en twintigste Sondag in Koninkrykstyd: Kolossense 1:11–20 Die Kolossensebrief is geskryf aan gelowiges woonagtig in Kolosse wat in die provinsie Klein-Asië geleë was (vandag Turkye). Paulus, wat gewoonlik op die groter handelsentra...
VerderGeluister: 2 Tess 3:6-13
17 November 2013 ~ Ses en twintigste Sondag in Koninkrykstyd: 2 Tess 3:6-13 Die gedeelte gaan hoofsaaklik oor die dissipline om te werk, of te wel, om jou te bepaal by dit waarmee jy besig is. Paulus het met sy stelling in vers 10 – “As iemand nie wil werk nie, moet...
Verder Geluister: 2 Tess 2:1-5 & 13-17
10 November 2013 ~ 25ste Sondag in Koninkrykstyd ~ 2 Tessalonisense 2:1-5 en 13-17 Die prediker sou verskillende invalshoeke kon gebruik na aanleiding van die preekvoorstelle van die Preekstudies, bv. gebed, die rol van ʼn geloofsgemeenskap, ens. Hier waar ons byna aan...
Verder Geluister: Lukas 18:9-14 ~ Hervormingsondag – nooi weer die Here in
27 Oktober 2013 ~ 23ste Sondag in Koninkrykstyd ~Lukas 18:9-14 Nooi met Hervormingsondag weer die Here in Die Fariseër en die Tollenaar. Ja, hoeveel preke van “goeie” en “slegte” gelowiges het dit nie al uitgelok nie. Die Fariseër dink hy is ‘n vername man. Maar hy...
Verder Geluister: Luk 18:1-8 – Handelende geloof
20 Okt 2013 ~ Twee en twintigste Sondag in Koninkrykstyd Luk 18:1-8: ’n Handelende geloof en Liefde kweek volharding in gebed Die openingsvers maak dit vroeg duidelik dat dit hier gaan oor die aanhou van gebed, toegewydheid in gebed en veral oor die besit van die...
Verder Geluister: Lukas 17:11-19
13 Oktober 2013 - 21ste Sondag in Koninkrykstyd: Lukas 17:11-19 Vandag, soos ek hier skryf, lê die week van die NGK se Algemene Sinode (AS) voor ons. As jy oor die gedeelte preek, sal jy kan terugkyk op die gebeure. Tussen ons teksgedeelte en die AS se agenda is daar...
Verder Geluister: Lukas 17:5-10 – Die geloof van klein treetjies
6 Oktober 2013 ~ Twintigste Sondag in Koninkrykstyd Lukas 17:5-10 ~ Die geloof van klein treetjies Ons gemeente praat nou die dag oor mosterdsaadjies. Nie een van ons weet eintlik hoe dit lyk nie. Nie een van ons weet ook eintlik veel van mosterd af nie, behalwe dat...
Verder Geluister ~ Jer 32:1–3, 6–15
29 September 2013 ~ 19de Sondag in Koninkrykstyd ~ Jer 32: 1–3, 6–15 Die Bybelstorie van Noag en die ark het vir my kleintyd baie ongemaklik gemaak. Die prentjie van Noag wat op droë grond ‘n reuse skip bou terwyl al die mense vir hom lag en spot, was vir my brose...
Verder Geluister: Jer. 8:18-9:1
22 September 2013 ~ Agtiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Jer. 8:18-9:1 Uit hierdie week se teks kom drie gedagtes na vore: 1. Hooploosheid as werklikheid In die geheel, lees die perikoop baie somber, neerslagtig en hooploos. Dit blyk dat die volk onder die oordeel...