15 Augustus 2010 ~ Elfde Sondag in Koninkrykstyd: Die Here sing ‘n lied ~ Jesaja 5:1-7

Dis nou al ‘n hele ruk dat ek iets agterkom. Ek kom agter die leier-ouderling in ons gemeente wil hê ek moet die mense aanspreek. Hy wil hê ek moet hulle ‘n bietjie uittrap, regtik na die nou weg. Ek praat nou van die gemeente in Sakhelwe, Dullstroom, waar ek die predikant is. En waar ek baie lief is vir die leierouderling, en altyd sy aanvoeling oor dinge aanvaar.

Hy geniet beleefd my preke waarin ek die mense bemoedig en aanspoor, en vir hulle vertel hulle het waarde in God se oë en dat God aan hulle kant is, voel ek aan. Maar dit het ook tyd geword dat ek die gemeente ‘n bietjie oor hulle sondes aanspreek. Dit is wat die leierouderling wil hê, voel ek nou aan.

Dis dié dat ek toe besluit om verlede Sondag oor Jesaja 5:1-7 te preek. Ek gaan ‘n lied preek, die Lied van die Wingerd, soos dit bekend staan.
Ek beduie vir die gemeente waar hulle op verslete bankies in ‘n lekkende hard-board-geboutjie sit, dat die Here nie net altyd met ‘n mens praat nie. Partykeer sing Hy vir jou.

Die gemeente is nou die ene ore, want hulle weet van sing. Hulle kán sing.

read more