22 Augustus 2010 ~ Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd: Jesaja 58:9b-14 ~ Waardes hou belofte in

Iemand het eenkeer gesê:  We do not see things as they are: we see them as we are.

En dis hoekom ons Jesaja 58:9b-14 kan lees, en nie kan hou waarvan ons lees nie. Ons lees daar dat God vir ons sê ons moet dit en dat doen, en dan sal Hy vir ons dit en die ander doen.

En ons hou nie daarvan nie. En tereg ook. Want dit klink vir ons ‘n bietjie Middeleeus. Dit klink soos daardie tye voor die Reformasie toe die Roomse Kerk vir mense gesê het hulle moet betaal om in die hemel te kom. Gelukkig is die Roomse Kerk lankal nie meer so nie, maar dit het ‘n Martin Luther gevat om vir ons te sê:  Maar God se genade is genoeg. En verniet. Ons hoef, ons mag, dit nie probeer verdien nie.

read more