29ste Sondag in Koninkrykstyd ~ 29 Agustus 2010: Lukas 14:1; 7-14 (11) 

Jy is nie by God in tel as jy hoogmoedig is nie …

Ons kry by God waardigheid nie op grond van ons posisie en status in die samelewing nie. Hierdie God waardigheid sien ander in ons lewenswyse, in ons goedaardigheid. Jy is rêrig nie by God in tel as jy hoogmoedig is nie. Petrus  skryf “God is teen die wat te veel van hulleself dink…”. (1 Petrus 5:5)  CS Lewis sê weer: “As jy hoogmoedig is, kan jy God nie ken nie. Mense wat afkyk, kan nie sien wat bo hulle aangaan nie”. 

Daarom sien die navolgers van Jesus nie neer op diegene sonder aansien nie, maar sien na hulle om. Die mense anderkant van die spoor word nie net raakgesien nie, hulle waardigheid word erken. Ek lees op die blog Bek uitspoel die volgende:

Anderkant van die spoor…

read more