LET WEL: 25 en 27 Des sal daar geen aktualisering van fokustekste wees nie.

Vierde Adventsondag – 20 Desember 2009: Miga 5:2-5a

Miga se droom van welwese en heel-wees word in Christus sigbaar en deur ons voortgesit Vierde Adventsondag – 20 Desember 2009 Ek het ’n paar aanvullende gedagtes op Natie Philander se besondere preekstudie van Miga 5:2-5a vir Sondag 20 Desember 2009: Dirkie Smit skryf in Geestelike waardes (Die Burger 12/12) Kersfees vir eensames – wáár ook al? onder andere die volgende: … Vir gelowiges, sê hy (Dietrich Bonhoeffer), is daar eintlik niks vreemds aan ’n eensame Kersfees nie. Trouens, hy dink dat dit selfs méér betekenis mag hê as op plekke waar nog net die naam oorbly! Immers, dat ellende, lyding, armoede, hulpeloosheid en skuld veel anders lyk vir God as vir óns, dat God indaal presies in dié omstandighede wat ons vrees en wil vermy, dat Christus in ’n stal gebore word – dit alles vir ander?

Die ellende, lyding, armoede, hulpeloosheid lyk inderdaad vir ons anders. Marida Fitzpatrick skryf in Monduitspoel (By 5/12) Kleinsus is óók die bliksem in “Iets is fout. Iets is ernstig fout. En dit wás fout lank voordat Boetman selfmoord gepleeg het. Sy skryf as Louw se selfmoord ons tot besinning moet ruk, dan weet sy nie waar ons was nie. Ons behoort elke dag by elke verkeerslig tot besinning geruk te word, nie deur geweld en barbaarsheid nie, maar deur ellende, armoede, desperaatheid – mense wat nie selfmoord gepleeg het nie, maar ook, soos Louw, “geknak het voor die wanhoop”. “Ons ry elke dag verby die grootste denkbare ellende, ons lees van mense wat so honger is dat hulle dierekarkasse van vullishope af eet, en dan is ons baie verbaas en verontwaardig as iemand kom vat wat ons het en hulle nie het nie …”

read more