Op die skerm van my selfoon staan “Chris predikant “ . Dis kerksake dink ek,min wetend dat hierdie oproep my gedagtegang en ook my lewe ingrypend gaan beinvloed. Ons beweeg deur die gewone vriendelike gemeenplase van welsyn en die weer. Toe kom die vraag. “ Frik, volgende sondag soss jy weet is ons Kerssangdiens. Ons wil vanjaar fokus op die reaksie van n aantal bybelfigure op die geboorte van Christus. Sien jy kans om die reaksie van Herodus die Grote te verwoord”. Sonder om tweemaal te dink het ek ingestem, effens gevlei deur die feit dat iemand gedink het dat ek so iets sou kon doen. Ons groet en ek gaan voort om die ysters te sny.
Bevoorreg soos wat ek is sit ek toe die son sak onder n groot koorsboom en kyk hoe die son sy laaste kwasstrepe trek oor die pers van die jakarandas, die kopergeel van die silwereike en die wisselende groen van die sitrusbome. Ek drink rustig aan n witwyntjie en laat my gedagtes gaan oor die gebeure van die dag . Chris het van Herodus gepraat en wat weet ek van Herodus.
Vir die volgende paar dae was dit ek en Herodus en die Christuskind. Skielik het ek die insluiting van die reaksie van n monster soos Herodus in ons Christusfees begin bevraagteken. Hierdie man wat niks sou ontsien om sy eie posissie as koning te beveilig nie al was dit ook tenkoste van die lewens van talle klein kindertjies. Ek het dit selfs oorweeg om te onttrek of te vra dat ek n ander karakter doen.
Dis Sondagoggend. Al die deelnemers is saam in die gebedskamer. Oor minder as n halfuur sal die diens begin. Ek is Herodus of ek dit nou wil weet of nie. Die gebede dra die kersspel aan die Here op en vra vir Sy seen en so in die verbygaan dat ons ons woorde sal onthou. Sal ek dit onthou. Sal ek die reaksie van Herodus aan die gemeente kan oordra.
Beliam die donkie vertel sy storie, Josef em Maria vertel met verwondering hulle belewenis en die herbergier spreek sy spyt uit dat Jesus in die stal gebore moes word. Met die wegsterf van die engele sang beweeg ek vorentoe. Daar is nie meer omdraai kans nie: Herodus moet praat. Die magsugtige egoistiese wrede koning moet vir die gemeente vertel hoe hy alles in sy vermoee gedoen het om die Christuskind te vernietig ten einde sy troon te beskerm.