{ARGIEF}

Month: July 2011

7-punt plan vir ‘n krisis

Hilde en Willem Liebenberg Hilde Liebenberg is saam met haar eggenoot, Willem Liebenberg, die afgelope 19 jaar leraarspaar van die N.G. gemeente in Bonnievale. Hulle 4 kinders is alreeds uit die huis, waarvan 2 nog op universiteit is. Hilde is baie betrokke in die...

read more

Verder Geluister: Gen 28:10-19a

Sondag 17 Julie 2011 ~ Vierde Sondag in Koninkrykstyd: Gen 28:10-19a Ons fokusteks is ryk aan inhoud. Dit het vele kante wat relevant is vir die konteks waarin ons vandag in Suid-Afrika leef. Van hierdie talle perspektiewe is daar drie gedagtes wat ek hier wil deel....

read more

Suid-Afrika en Afrika se toekoms lê in harde werk, kreatiwiteit, kennis en deursigtigheid.

Onafhanklikheid regdeur Afrika het nie naastenby dieselfde ekonomiese transformasie soos in Asië gebring nie. In die meeste gevalle het dit ekonomiese ongelykhede, soos wat dit in die koloniale tyd aanwesig was, verskans en eintlik verder verdiep. Die swart elite het gewoon die koloniale elite vervang. Die een het maar net vir die ander plek gemaak – maar uitbuiting van die swart massas, asook Afrika se ryk hulpbronne soos goud, koper, yster, olie, hout, koffie, ens. het voortgegaan.

50 jaar na onafhanklikheid het Afrika ver op die ontwikkelingskaal geval, en kundiges verwys na ons as die “Bottom Billion” wat alleenlik uit hierdie donker gat, wat ons vir onsself gegrawe het, gaan uitkom met die hulp van die res van die wêreld.

Wat het verkeerd gegaan?

Wel, sonder huiwering kan ‘n mens sê dit het te doen met wanbestuur en uitbuiting deur Afrika se politieke elite vanuit die sterk en feitlik onaantasbare posisies waarin hulle hul bevind. Die Wêreldbank asook die IMF se stastitieke wys jaarliks daarop dat sub-Sahara Afrika se lewenstandaard val – dat die armes armer word!

read more

Verder geluister Gen 25: 19-34

Interessant dat die perikoop begin met: “Hier volg besonderhede oor Isak, seun van Abraham” en eindig met “Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene”.

Kom ons begin met Esau

Hoe gebeur dit dat ‘n mens kan toelaat dat die genieting van ‘n oomblik jou hele lewe kan weggooi – by wyse van spreke? Dat jy soos Esau so blasé kan raak oor iets so belangrik?

Of dit seks is, of geld, of mag of honger of woede of wat ook al, jy laat willens en wetens toe dat daardie behoefte jou vir die oomblik verblind. Die ‘willens en wetens’ het natuuurlik ook ander name soos ontkenning – wat jou die gevare en gevolge van die versoeking mis laat kyk. Of minimalisering – wat die rooilig hoogstens oranje laat skyn. Of soos in die geval van Esau, rasionalisering – dit is tog in elk geval van verbygaande aard.

read more