{ARGIEF}

Daar kom ‘n oomblik dat jy skynbaar net nie gereed is vir die uitdaging van die oomblik nie. Dit kan wees dat jou evaluering van die gebeure nie korrek is nie.

Dit kan ook wees dat jy emosioneel net nie skerp genoeg is nie dikwels omdat jy, soos met Esau, net fisies té uitgeput is. Predikante, sakemense, leerkragte, mense in ondersteuningsdienste, enige iemand, raak soms uitgebrand en neem in ‘n oomblik swak besluite. Jy is emosioneel en geestelik op ‘n punt waar jou oordeel jou in die steek laat.

Die somtotaal is ‘n gebrek aan onderskeidingsvermoë. Daarom dat ons mekaar moet waarsku. Wees waaksaam. Wees skerp. Wees bedag. Wees noukeurig. Wees verantwoordbaar.

Doen moeite om in die lig te wandel en die lig te laat skyn.

Jakob

So min soos Esau waaksaam en gefokus op die groter prentjie was, was Jakob slu en opportunisties.

Op die uitkyk vir die regte oomblik asof hy heeltyd ‘n plan in sy agterkop het. Hoe eties korrek dit is om iemand of ‘n situasie uit te buit, is ‘n vraag met ‘n duidelike ‘nee’ antwoord.

Meer gevaarlik is soos die spreekwoord sê: “wat die hart van vol is, loop die mond van oor”. Of soos in Jakob se geval, wat in die kop aan die gang is, word later praktyk.

Isak

Vertrouende, biddende gelowige Isak. Maar, soos ook Rebekka, met ‘n sagte plek vir die een wat sy eie (Isak/Rebekka) voorkeur en voordeel voorop stel. En kyk waar het dit hom gebring.

God

Bonhoeffer sou gesê het terwyl hy weggelei word om tereggestel te word: “Ook hierin is God”.

By die lees van hierdie verhaal in Genesis kan ons nie anders as om dit te beaam nie. So onverstaanbaar soos dit is, ten spyte van onverskilligheid, bedrieëry, voortrekkery en liggelowigheid loop God se trou aan Sy skepping en skepsele enduit!