{ARGIEF}

Month: August 2012

Verder Geluister: Spreuke 9:1-6

Spreuke 9:1-6 – 12de Sondag in Koninkrykstyd en 3de Sondag in Seisoen van Barmhartigheid – 19 Augustus 2012 Ons kan maklik dink wysheid het net te doen met kop-kennis, met slim-wees en onthou en om reg weer te gee.   Maar miskien het wysheid veel meer te...

read more

Hoop wat ons taai maak om aan te hou

Ingrid Penzhorn (‘n jong dokter) skryf vandag (09/08/2012) in Die Burger in reaksie op prof Jonathan Jansen se rubriek: ”Jonge dokter onthou wie jy is” (DB van 7 Augustus 2012): ” Jammer prof Jansen ek gooi tou op”.  Dinge het eenvoudig vir haar te veel geword om aan te gaan.  Sy het hoop verloor. Ek lees haar artikel en kan een honderd persent verstaan waarom sy moedeloos is.  Sy het haar bedankingsbrief by die kliniek se bestuurder ingedien. ‘n Week of so gelede bel ‘n onderwyseres my, met dieselfde moedelose emosie in haar stem. ‘n Dag later drink ek koffie met ‘n entrepeneur vriend wat moedeloos is met personeel wat steel. Hy is moedeloos besteel. Ons kan nie langer hierdie stemme van moedeloosheid ignoreer nie.

Die onderwyseres is een van die mees begaafde wiskunde onderwysers wat ek ken. Sy gee skool op die platteland. As jy naweke op hulle plaas kom, sit die huis vol kinders wat besig is met ekstra klasse, besig om vraestelle uit te werk. Sy ry dorp toe om hulle te gaan haal, bring hulle plaas toe, gee vir hulle ekstra klas, en kos, en aanmoediging, en laatmiddag neem sy hulle weer huis toe. Sy ís toegewyd. Dit is mense soos sy wat hierdie land om die draai kan vat. Haar kinders kom uit benadeelde omstandighede, maar baie van hulle kan gaan studeer in die wetenskappe omdat hulle wiskunde op standaard is danksy haar. Oppad terug vertel hulle my van hulle drome om verpleegkunde en ingeneurswese te gaan studeer.

“My span kan nie meer nie” , sê sy oor die foon. “Die department is net ingestel op beter uitslae om hulle goed te laat lyk. Die skole pas maar die punte aan om die departement tevrede te stel, maar die waarheid is dat ons met ‘n krisis op hande sit. Die kinders wat ons in die hoërskool kry, het geen basis waarop ons kan werk nie. Dit word elke jaar slegter, maar die department doen niks daaraan nie.  Hulle wil net beter resultate sien. Ons span het besluit ons gaan nie ons punte aanpas nie. Ons gee die punte deur soos wat dit regtig is. Die druk op ons is nou geweldig.  My span is besig om te vou”, sluit sy af.

read more

Lesse vir effektiewe Missionale Leierskap

Die nalatenskap van Steven Covey

Onlangs het ‘n invloedryke skrywer en lewensmentor, Stephen Covey, afgesterf. Covey het internasionaal bekendheid verwerf vir sy werk op leierskapsontwikkeling, veral soos saamgesit in sy boek, “The Seven Habits of Highly Effective People.” Hierdie wydgelese boek is in 1989 gepubliseer en het meer as 25 miljoen kopieë in 38 tale verkoop.

read more