{ARGIEF}

Month: November 2012

Woord en lewe – meer inligting

Leesrooster Advent 2012 – Koninkrykstyd 2013 Seisoene en feeste in die lewe van gemeentes Woord en lewe (voorheen Leesrooster) Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013, volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary,...

read more

Woord en fees – meer inligting

Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerklike jaar Revised Common Lectionary Jaar CAdvent 2012 tot Koninkrykstyd 2013 Woord en fees (voorheen Preekstudies met liturgiese voorstelle) – Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013 – is ’n hulpmiddel vir die...

read more

Communitas-e – 5 November 2012

5 November 2012


Hierdie is die derde Communitase nuusbrief. Dit kan ook afgelaai word by Communitase. In hierdie propvol uitgawe is daar nuus oor:

  1. God kies sy span – Gerrie van Deventer
  2. Geloof gebeur… in die regte lewe – Stephan Joubert
  3. Revealing Vocational Truth – Call24
  4. Truspieëltjie – Gielie Loubser (video clip)
  5. Gebruik die uitnodiging om in ePub te publiseer – Chris van Wyk
  6. Hooglied – Lees, luister, leef – in ePub formaat – Chris van Wyk
  7. Robert Terry se wiel – Insig in die gebruik en misbruik van mag in konflik – Frederick Marais

read more

Gebruik die uitnodiging om in ePub te publiseer

Ten spyte van die gewildheid van Kindle onder SA gebruikers, is ePub steeds die digitale formaat wat deur die wydste verskeidenheid van elesers gebruik word.  Daar is reeds 241 eboek toestelle (ereaders) en toepassings (applications) wat die ePub formaat gebruik....

read more

GOD KIES SY SPAN

Tabita 250pxOns gemeentes hier in Mosselbaai (NG Mosselbaai en VGK Mosselbaai) het voorheen al lekker as ‘n span saamgewerk, dienste saam aangepak, by basaars wedersyds stalletjies gehad en ondersteun. Maar ai, dan val mens gou weer uit die span uit en oefen afsonderlik op eie velde.

God as Afrigter en Keurder het egter ‘n ander plan. Want sien, daar is baie soorte nood in Mosselbaai, waaronder mense met MIV & Vigs, TB, kanker en allerlei siekes in die Provinsiale hospitaal. En die Here het uit albei kerke mense begin oproep om ‘n verskil te maak. Die Tabita-groep by die VGK het ‘n houer waarin allerlei benodigdhede vir pasiente in geplaas kan word en het ‘n span wat mense in die hospitaal besoek. Hulle het ook die Here se roepstem gehoor om mense aan huis te besoek en vat hande met Home Base Care. Die Tabita-groep het eintlik al sewe jaar gelede begin met ‘n fokus op HIV & VIGS geinfekteerdes en geaffekteerdes. Dit was veral in samewerking met die “Piet-Julies-stigting” wat fokus ondersteuning van mense met MIV & Vigs. Piet Julies het aan die siekte gesterf en toe is die stigting begin om mense te ondersteun. Die Tabitas het gou agtergekom dat die stigma van dié siekte maak dat hulle fokus wyer moet wees – ook op mense met TB, kanker en ander terminale siektes. Hulle het begin met ‘n bediening in die Provinsiale hospitaal en by mense aan huis in die hele streek.  Die Omgee-bediening van NG Moedergemeente begin met besoeke by die hospitaal, veral die kindersaal, en kyk ook na praktiese ondersteuning, terwyl van ons lidmate as verpleegsters by Home Base Care ‘n pad met mense by hulle huise begin stap.

read more

Hooglied in ePub formaat

Hooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die veilige ruimte van die familie en die huwelik. Hooglied besing nie net...

read more

Spieëltjie – Videoclip

Truspieeltjie from Communitas on Vimeo. Soms beleef ons God as vêr van ons af. Iemand wat kyk of ons op die regte pad bly en in ons spoor trap. Amper soos n pa wat agter jou aanry as jy jou eerste motor kry. Truspieëltjie wil gelowiges help om God te beleef as een wat...

read more