{ARGIEF}

Month: November 2009

Verder geluister: Maleagi 3:1-4

Die God van geregtigheid is op pad! Watter implikasies het dit vir ons?

Tweede Adventsondag – 6 Desember 2009

Onreg kom in soveel gedaantes voor. God roep ons egter op om teen elke vorm van onreg op te staan. Sedert Christus vir ons kom wys het hoe ‘n lewe lyk wat op geregtigheid fokus, kan ook jy en ek dit deur die werking van die Gees reg kry. Ons moet God se geregtigheid, wat wil herstel, laat kom.

Ek het op die oggend van 1 November, die presiese dag waarop die Fakulteit Teologie (US) 150 jaar oud was, ná ‘n erediens in Moedergemeente, na die Kweekskool gestap. Die sonskyf teen die gewel het my opnuut opgeval: “Sol iustitiae illustra nos”. Die son van geregtigheid bestraal ons!

Vir my is Christus die Son van geregtigheid wat ons optrede wil verlig of dan bestraal. Ek het daardie oggend opnuut besef dat geregtigheid ‘n vernuwende krag is. Die sin en betekenis van die lewe word geknoop aan ‘n onstuitbare en onwrikbare hoop op geregtigheid. Dis die grondslag van morele taal. Hierdie taal stimuleer gesprek, maar dis ‘n gesprek wat onafgehandel bly. Ons sukkel om daaroor klaar gepraat te kry, in die woorde van prof Willie Esterhuyse.

read more

Om weer te wandel in die Woord

Om weer te wandel in die Woord

Danksy die feit dat die tema van dié sessie in elke beplanningsdokument verskillend verwoord is, neem ek die vrymoedigheid om dit te verander na “‘n belydenis oor Bybellees – om weer in die Woord te wandel.”  Ek wil naamlik die sessie inlei met ‘n getuienis oor wat die SAVGG, en spesifiek die gewoonte van om in die Woord te wandel, vir my persoonlik beteken het.

Met my bekering as dertienjarige het die lees van die Bybel ‘n besondere rol in my geestelike lewe gespeel.  Ek het daadwerklik die ervaring gehad dat ek die stem van die Here duidelik deur te lees van die Bybel gehoor het.  Daarom het ek dit daagliks met ‘n groeiende erns alleen, en saam met ander jong gelowiges, gelees.  Ek het dan ook reeds as sewentienjarige my eerste kommentaar gekoop (op 1 Johannes).

In 1986 is ek Stellenbosch toe in gehoorsaamheid aan my roeping van die Here om ‘n bedienaar van die Woord te word.  My diepste begeerte was om nóg dieper in die Woord te kon delf.  Op Stellenbosch het daar egter iets met my lees van die Bybel gebeur wat ek ongelukkig ervaar met baie teologiestudente gebeur.  Ek het die ervaring gehad dat soos wat my tegniese vaardighede om die Bybel te kan lees toegeneem het, die stem van die Here daarin stil geword het. 

Ek het toenemend ‘n text disposable expert geword wat die teks onskadelik gestel het.  Iemand wat die skerp kante daarvan kon gladmaak deur die “eintlike betekenis” daarvan telkens uit te lig.  As ek met ‘n teks klaar was, het dit vir niemand meer ‘n geestelike gevaar ingehou nie.  Ek kon immers die teks verklaar.

Die redes vir dié verandering is veelvoudig en kompleks.  Dit het deels te doen met my persoonlike fiksasie op die korrekte metode van Bybellees.  Ek dink egter weereens dat baie teologie studente in die strik getrap het.  Baie van ons onthou nog hoe ons met die hoogbloei van die strukturalistiese benadering in Suid-Afrika diskoersanalise gedoen het.  Nagte om gestoei het met die vraag of die verhouding tussen twee kola gekoördineerd, additief, ekwivalent, logies opeenvolgend of gesubordineerd, kwalifiserend, kensketsing van wyse of manier was.  Die intellektuele uitdaging van dié wyse van om die Bybel wetenskaplik te lees het my, teen die opregte bedoeling en voorbeeld van my leermeesters, ‘n kliniese Bybelleser gemaak.  Ek het toenemend ‘n kritiese aftand teenoor die Bybel ingeneem.

read more

6. RSG –Oordenkings Skrifl. Heb.1: 3-4

In ons worsteling met immoraliteit en die verwante probleme, is ons deur menings en bydraes van verskeie persone gehelp,  Bonhoeffer, Anna Arendt, George Picht, Johannes van der Ven en Hauerwas. Nie een se bydrae alleen kan die hele immorele landskap verander nie....

read more

The Kerk in the Kloof

Most South African towns have one. An NG Kerk that is. They stand in the centre of the town, often on high ground, surrounded by gardens, a marble obelisk or two, and have a huge white steeple, pricking the sky above. As a rule I do not venture into them, or even near...

read more

12-14 October: Discipleship and responsible citizenship

Congregations & Public Life:Discipleship and responsible citizenship [VBO 25  ] Contact Chrisna van der Merwe at: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za Download Registration form  Presenters: Nico Koopman and  Chris JonesDate: 12 – 14 October 2010Venue:  Stellenbosch...

read more

12-14 October: Early Church… Congregations

What can we learn from the early church about congregations? [VBO 24]  Contact Chrisna van der Merwe at: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za Download Registration Form Presenters: Robert Vosloo, Ian Nell and Guillaume SmitDate: 12 – 14 October 2010Place: Stellenbosch Theme: ...

read more