{ARGIEF}

In ons worsteling met immoraliteit en die verwante probleme, is ons deur menings en bydraes van verskeie persone gehelp,  Bonhoeffer, Anna Arendt, George Picht, Johannes van der Ven en Hauerwas. Nie een se bydrae alleen kan die hele immorele landskap verander nie.

Vanaand, in ons gesamentlike soeke na morele heropbou, neem David Gill verbonde aan die Universiteit van Chicago en skrywer van die Boek – The opening of the Christian mind, ons terug na die bybelse waarheid as vertrekpunt om ons morele wildernis te transformeer.

Hy is oortuig ons moet na Jesus kyk. Ons moet Jesus sentraal plaas in ons pogings om ons immorele praktyke, gewoontes en gebeure te beveg.

Dit mag vir baie vreemd op die oor klink, maar tog is dit juis wat die skrywer van die brief aan die Hebreërs in hfstuk 1:3 onomwonde en baie duidelik stel. “Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God….vers 4 “ hy is net so verhewe bo die engele, as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam.”

In ander woorde – Jesus is God’s goedheid vir die wêreld, Jesus is moraliteit vir die wêreld. En daarom kan, en is hy met reg, in morele taal gestel, die etiese draai-as, die fondament, die essensie van ons karakter en karakterbou-inisiatiewe.

Jesus is die waarde, en deug wat ons wil besit en wees..In ’n komplekse wêreld met verskillende waardestelsels, is Jesus die standaard van goedheid en norm wat ons as Christene moet vestig. Wanneer immorele taal gebesig word, is Jesus die taal wat ons wil praat, wanneer ons deur immorele praktyke soos geweld, korrupsie, drank-en-dwemmisbruik, moord, ongehoorsaamheid en verwaarlosing gekonfronteer word, wil ons die leringe van Jesus betekenis gee, leringe soos vergifnis, barmhartigheid, genade, geregtigheid en naasteliefde.

Jesus as besitter en uitstraler van God se heerlikheid, Jesus as die ewebeeld van God, die draer en manifesteerder van God se standaarde van goedheid, is daarom ’n morele visie waaraan ons as Christengelowiges kan vashou, ons deur die morele – visie geinspireer word om in die krag van Christus –ook moreel goed te doen en morele transformasie te  bewerk.

Soos Jesus God se heerlikheid, goedheid, liefde en redding uitgestraal het, kom ons verbind ons daartoe om ook God se heerlikheid, goedheid, standaarde van moraliteit – uit te straal.

Gebed: Here vul ons met u heerlikheid sodat ons u goedheid kan uitstraal. Amen.

Donald Katts