{ARGIEF}

Month: July 2010

Voorkoming is beter as verslawing – Dwelms!

Voorkoming is beter as genesing.  Dit is veral waar vir die voorkoming van verslawing, van watter aard dit ook al mag wees.  Hier is 'n inset van die CAD wat jy kan gebruik in jou gemeente, bv. by 'n belydenisklas. Laai hier die volledige pdf af....

read more

Woensdag 21 Julie Wanneer ons ons vrag verbrand

Gebeure wat ons dink aanvanklik onbenullig is, kan soms groot chaos veroorsaak. Dit het ons `n tyd gelede gesien toe `n vulkaan in Ysland uitgebars het en feitlik alle lugverkeer in Europa tot stilstand gebring het. Hierin is daar egter `n les opgesluit. Met soveel...

read more

Verder Geluister: Genesis 18:20-33

25 Julie 2010 ~ Agste Sondag in Koninkrykstyd: Genesis 18:20-33
God en Abraham praat met mekaar oor genade, hoop en verandering

Genesis 18:20-33 is ‘n gesprek tussen God en Abraham.  Dis soort van die notule van hierdie gesprek.  Dis ‘n volwasse gesprek.  Dis ‘n belangrike gesprek.  Dis ‘n hoëvlak-gesprek.  Amper soos ‘n G-2 Beraad.  Die toekoms van die wêreld word bespreek, oftewel, die vernietiging aldan nie van Sodom is op die tafel.

Maar hierdie G2-beraad is baie anders as vandag se G20-beraad.  Want die gesprek gaan nie oor mag, oor power, nie.  Dit gaan genade, oor hoop en oor elke mens se kans om dinge te verander.  So, kom ons maak of ons nou ‘n joernalis is wat ná die gesprek tussen God en Abraham, ‘n onderhoud met Abraham voer en aan hom die volgende drie vrae stel.

read more

The Contemplative Pastor – Eugene Petersen

Hoofgedagtes van die boek

‘n Predikant se taak is nie om mense se probleme op te los of hulle gelukkig te maak nie, maar om mense te help om God en God se genade in hulle lewe raak te sien. Soms is dit net om die woord “God” te sê in ‘n situasie waarin dit nog nie gesê is nie. Die predikant moet sy/haar rol voortdurend herdefinieer, anders gaan jy terugval in die definisies wat die kultuur of die gemeente daarvan gee en dan gaan jy jou eintlik roeping versaak. Jy is nie “chaplain of the culture” nie.

read more

Saterdag 17 Junie Vyf kante van gebed

Vandag, op hierdie heerlike sonnige helder wintersdag in die Kaap, sommer iets eenvoudigs oor gebed. Baie, baie boeke is al oor gebed en die verskillende kante en dimensies van gebed geskryf, maar in my stiltetyd vanoggend het veral vyf dinge weer vir my duidelik...

read more

Wie gaan ons kinders se Hoop steel?

Ek het die onderstaande blog bydrae oor Uitkoms Gebaseerde Onderwys(UGO) die 18de Augustus verlede jaar geskryf sien ek- hierdie week- 11 maande later is UGO weer in die nuus met aankondigings oor nuwe planne van die Onderwys departement. Prof Jansen wil vanoggend weet in Die Burger of ons ‘n idee het wat dit die land kos en of iemand nie verantwoordbaar gehou moet word nie. Die hoofartikel in die Buger vra mi ‘n belangriker vraag- nl of ons gereed is om onderwysers daadwerklik te help.

Ons gesin sit toe Sondag-aand in die Waterfront om die gees ‘n laste keer te beleef- getooi in ons Oranje serpe en truie. Ons voel vir Nederland. Op ‘n ander plek in die restaurant sit ook ‘n familie- ander kleur ander geloof as ons, maar hulle is ook Oranje! Die seuntjie kom loer eers deur die venster en maak spelletjies met ons. Hy kom later in en kort voor lank is hy en Anika besig met ‘n spelletjie op die tafel. Na ‘n rukkie merk ek op sy sussie is nou ook by. Die Pa kom vra so nou en dan of dit OK is, maar te bly hy kan onverdeelde aandag aan die sokker gee. Skuins agter ons sit ‘n Oranje omie vir wie die sokker baie belangrik is, rustyd kom hy verby en merk terloops op: Dit is wat die WB aan ons almal gedoen het! en beduie met sy kop na Anika en die twee kinders se spelletjie aan tafel. Toe die kinders moeg raak, klim hulle op Anika se skoot en rus ‘n bietjie.

Vanoggend is die twee kinders skool toe skat ek. ‘n Hele generasie kinders is iets aan gedoen hierdie afgelope maand. Hulle het beslis meer hoop gekry vir die land. Shabalala se doel het dit alles ingelui en daarna is hulle saam met ons meegesleur op ‘n onverwagse beweging van goodwil en vreugde van ‘n land wat vir ‘n oomblik net dit kon geniet om normaal by mekaar te wees en trots te wees om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Waar kinders in restaurante kan speel by vreemdelinge sonder om bang te wees. Hulle sou opgemerk het mense is vriendeliker en verdraagsamer,  dat ons land veiliger wsa. Dalk het hulle gespeel saam met ‘n swart oom, of ‘n wit tannie by ‘n restaurant, of net gesien hoe hulle pa ‘n vlaggie opsit.
So nou stuur ons die kinders weer terug skool toe vanoggend, met opwinding en hoop. Hhulle gaan terug na dieselfde skole, onderwysers, infrastruktuur of gebrek daaraan.

Ek wonder of ons hulle hoop gaan steel. Gister hoor ek mense gaan FIFA hof toe neem oor plekname, vandag wil prof Jansen weet wie gaan aan die pen ry oor UGO se mislukking. Dit is seker goeie sake maar vir my voel dit totaal onvanpas. So bietjie -bietjie gaan hulle ons hoop steel en ons weer jaag in die kampe van die verlede, of nie? Ek kan my nie indink dat ek my energie daaraan wil spandeer nie. Ek dink nie die vraag is regtig of die regte plekname gebruik is, en wie aan die pen moet ry, oor die Eskom en onderwys-foute van die verlede nie, maar wie ons kinders se hoop gaan steel?

read more