Kursusse vir kleingroepe en Gemeentes
* Fokus op meer as 200 vrae oor Gebed: Attie Barnard
Seker een van die omvattentse moderne gebedsboeke in Afrikaans Kleingroepe/ Gebedsgroepe/indiwidue kan hierdie 246 kort hoofstukke sistematies deurwerk en bespreek. Daar is min boeke in Afrikaans wat teologies so suiwer en eenvoudig onderwerpe rakende gebed behandel.Dit is ook ideaal vir ’n gebedskursus in ’n gemeente /kleingroepe (Lux Verbi)
• Renovation of the heart Dallas Willard
Hier is ’n 6 weke (dalk 40dae) kursus om die karaktertrekke van Christus in jou lewe in te neem.Dit het ‘n DVD by, groepboek by en ’n basiese boek. Goeie kursus om in gemeente aan te bied.(Communitas kan dit bestel)
• Emosionally Healthy Church Peter Scazzero
Dit is ook ’n basiese boek met ’n groepbesprekingsboek vir 8 weke lank. Dit kan ’n gemeente baie help om emosioneel en spiritueel volwasse te word. (Communitas kan dit bestel)
• Spiritual disciplines(Handbook) Adele Calhoun
Dit is ‘n uitstekende boek wat 62 geloofsdissiplines kortliks verduidelik en dit prakties maak. ‘n Baie goeie boek om as kursus vir kleingroepe of self in besprekingsvorm weekliks aan te bied. Kyk na prentjies van Nico Simpson op ons webwerf.
• Lord teach me to pray in 28 days Kay Athur.
Hierdie is ook ‘n oulike gebedskursus(28 dae)wat in gemeente /kleingroepe gebruik kan word. . Dit verskyn ook met groep dvd Kan van website bestel word www.lifeway.com
• Beleef God H Blackaby &King
Hierdie is ‘n uitstekende 12 weke kursus oor spiritualiteit -om God se wil vir jou lewe te verstaan- wat jy in die gemeente kan aanbied. Ek het dit al gedoen sonder die videos , want ek kry die videos nie in die hande (as jy dit het help ons asb)
• Bybelmedia basiese Gebedskurus
Hierdie basiese kursus- wat omtrent 6 lesings het, is deur Attie van Wijk opgestel en kan afgelaai word by www.bmedia.co.za/dienste (kliek dan op aflaaibare produkte ). Dit is bruikbaar en sinvol om aan te bied in gemeente.
• Kyk gerus na die kursusse wat Jerigo Mure in gemeentes aanbied.
Bennie Mostert het ook verskeie boeke geskryf wat inligting oor gebed gee.
• Kyk na die kursusse wat Sentrum vir Spirirtualiteit in gemeentes aanbied
• Die luisterseisoen reeks is ‘n goeie manier om mense in luister te skool