{ARGIEF}

Dit word gesê dat vertroue en respek die valuta is waarmee leiers handel dryf. Toe loop ek die aanhaling van Henry Cloud raak wat my diep laat dink: : Vergifnis is verniet maar vertroue moet verdien word.
Jy kan mense forseer en betaal om sekere dinge te doen, maar jy kan niemand jou maak vertrou nie. Dit kom met tyd en as jy eers die vertroue van iemand verloor het, moet jy weet dat jy eers heelwat deposito’s in die vertroue -bank sal moet maak voor jy dit terugkry.