{ARGIEF}

Parsons, Mikeal. Luke: Storyteller, Interpreter, Evangelist.Parsons, Mikeal. Luke:
Storyteller, Interpreter, Evangelist.  2007. 
Hendrickson.

Die publikasie is deel van `n kort
inleidende reeks van Hendrickson oor die vier Evangeliste.  Soos wat `n mens aan die lengte van die boek kan sien, bied Parsons
nie `n volle kommentaar op Lukas se boeke nie, maar gee vir ons `n kykie na die
skrywer vanuit drie hoeke.  Lukas was nog
altyd gesien as `n uitnemende storieverteller. 
Parsons probeer wys dat Lukas Hellenistiese retoriese tegnieke
krities.  In die drie hoofstukke oor
Lukas as interpreteerder kyk hy na Lukas se herinterpretasie van onderskeidelik
die heidense, Joodse en Christelike tradisies in sy werk.  In die laaste hoofstuk oor Lukas as evangelis
fokus hy op “die herkonstituering van die kerk deur die inbring van heidene in
die volk van God”.  Hy gaan uit van Luk
2:32 waar van Christus gesê word dat Hy beide “`n lig tot verligting van die
nasies en tot eer van u volk Israel” is.

Die boek bied interessante indigte en
gedagtes, maar is in die geheel dalk `n bietjie tegnies vir die gewone
gemeentepredikant.