{ARGIEF}

Daar is ‘n oplewing in navorsing oor die liturgie. Verskeie faktore het aanleiding gegee tot ‘n hernude belangstelling in die liturgie enersyds, en andersyds ‘n opbloei in liturgiese navorsing. In ooreenstemming met hierdie oplewing bestaan die behoefte aan navorsingsmetodologie binne die veld van die Liturgiek. Die oogmerk van hierdie artikel is om kwalitatiewe navorsingsmetodologie te verken, deelnemendeaksie-navorsing in die besonder. Die bedoeling van hierdie artikel is om slegs ‘n voorlopige verkenning te maak van hoe hierdie navorsingsmetodologie spesifiek aangepas kan word vir gebruik in liturgiese navorsing. Met die oog hierop word verskeie benaderings binne die veld van die Liturgiek eerstens verken. Vervolgens word enkele ontwikkelinge in die area van liturgiese navorsing op die tafel geplaas, ten einde die kompleksiteit van die ondersoeksobjek waarop navorsing stuit en wat deur die navorsingsmetodologie verreken moet word, te belig. Vanuit hierdie gegewens word daar uiteindelik enkele praktiese voorstelle aangaande die gebruik van deelnemendeaksie-navorsing in liturgiese ondersoeke gemaak.

 Laai die volledige artikel (in Engels) hier af.