{ARGIEF}

Quintus Heine het so ‘n bietjie gaan kyk wat skryf Calvyn oor die noodsaak van gebed- lees meer hieroor op die Blog oor Gebed

Calvyn gee ses redes vir hierdie noodsaaklikheid van gebed :

  • Dit is vir die gelowiges belangrik om te bid want hoe meer ons bid, hoe meer groei daar ’n brandende liefde vir God in ons harte.
  • Gebed is noodsaaklik vir jou lewenstyl (Coram Deo) voor God. Jy sal nooit in gebed enige gedagtes koester waarvoor jy jou sal skaam voor die Here nie. Hoe meer jy dus bid, hoe meer gaan jy ingestel wees om God te behaag en om ’n daaglikse toegewyde lewe voor die Here hê. Gebed is dus die instrument waarmee jy ’n Coram Deo lewe voor die Here kan bewerk.
  • Gebed stel jou denke in om dankbaar teenoor God te lewe. Die kind van die Here moet heeldag bewus wees dat alle seëninge van God afkomstig is. As jy nie bid nie, gaan jy daarvan vergeet.
  • Hoe meer jy bid, hoe groter gaan die behoefte wees om oor die liefde van God na te dink. Elke keer nadat ons gebedsverhoring ervaar het, is dit ons daaropvolgende gebede wat ons nog verder en meer van God se liefde en omgee bewus maak. Gebed laat ons voordurend aan hierdie goedheid van God nadink.
  • Gebed laat jou die seeninge wat jy van God ontvang het, meer geniet en raaksien. Gebed is noodsaaklike voorbereiding vir jou hart om gereed te wees om die seën van die Here te ontvang en om dit makliker in jou lewe raak te sien.
  • Gebed maak dat jy die krag en vrygewigheid van God beter raaksien en ervaar. Jy word bewus daarvan dat God jou nie in die steek sal laat nie. Gebed is dus vir die kind van die Here noodsaaklik, nie om God aan sy beloftes te herinner nie, maar om ons as gelowiges te leer hoe afhanklik ons van God is.