{ARGIEF}

Gebeds en Spiritualiteits –  Bronneblad  2009
Saamgestel deur Quintus Heine  

www.communitas.co.za/gebed

1. Websites  om te besoek:

Reformed spirituality  www.reformedspirituality.com/
Ou Boeke    www.sacred-texts.com
Reformed prayers  www.reformedworship.com/euch.htm
Lectio Divina:   /www.osb.org/lectio/
Iona Community  /www.iona.org.uk/
Pray the Psalm daily  /www.bluecloud.org/psalms.html
Pray as you go    www.pray-as-you-go.org/
Contemplative Outreach International: www.contemplativeoutreach.org
 Aloe Christian Foundation:  www.aloe.org.za
Celtic spirituality  www.orthodoxinfo.com/general/celtic.aspx
Jerigo Mure   www.jwipn.com
Sentrum vir Spiritualiteit www.christianspirit.co.za

2. Boeke om te lees

(Daar is baie bekende boeke wat nie hier verskyn nie , maar ek het aanvaar dat dit nie nodig is om hulle te noem nie)
     *     The Hour That Changes the world                                 Dick Eastman
-Steeds een van die moderne klassieke werke wat gelees moet word
     *   Christian Prayer for Dummies (Paperback)   : Richard Wagner

Dalk help dit rekenaar”funkies” om te bid?
• A Personal Handbook on Prayer                                James Wilmot
’n Saamgestelde handleiding oor gebed wat ’n verskeidenheid spiritualiteit insluit.
      *  Enige boek wat die klassieke Andrew Murray of EM Bounds geskryf het, kan maar gelees word.
      * Prayer  deur Richard Foster
Hierdie bly ’n moderne klassieke werk wat die moeite  werd is om te lees. Lees ook sy boek oor Celebration of Discipline
•  Prayer deur Philip Yancey
Ek het dit nog nie gelees nie, maar lees gewoonlik al Yancey se boeke.
•  Gebed deur Johan Smit
Johan Smit het ’n saamgestelde boek in Afrikaans laat verskyn
•   Gebed van die Hart – Willem Nicol
Een van sy boeke wat oor die kontemplatiewe gebed handel. Wat die boek vir my besonders gemaak het, is sy verwysing na klassieke Vaders in ons tradisie
• Spiritual Intimicy with God   Alice Smith
’n Welkome boek wat handel oor die diepe verhouding tussen God en sy kind.
• Emotionally Healthy Spirituality  Peter Scazzero
Dit was vir my die boek van die jaar wat ek verlede jaar gelees het. ’n Moet vir elke Christen. Dit gee vars en gebalanseerde insigte oor spiritualiteit.
• Dialogue with God    Mark Vinkler
Dit gaan oor gebed as dialoog tussen mens en God
• Signpost to Spirituality   Trevor Hudson
Al is dit reeds in 1995 uitgegee, bly dit vir my ‘n moet om te lees. Alles wat Trevor Hudson geskryf het  kan maar gelees word.
• Reaching Out   Henri Nouwen
Beskryf drie bewegings in die spirituele lewe. ’n Moet om te lees.
• The Gospel of Prayer  A Wieand
‘’n Klassieke gebedswerk (wat in 1953 verskyn het) wat omvattend oor gebed handel , veral uit die lewe en leringe van Jesus 
• Peolple in Prayer  John White
Hierdie verduidelik oor hoe verskillende  mense indie Bybel gebed beoefen het. Dit kan ook as preekreeks aangebied word.
• Om te bid   JI Packer
JI Packer het al baie klassieke werke geskryf . Hierdie een is nie ‘n uitsondering nie.(nuut vertaal)
• Active Spirituality  Kent ira Groff
Hierdie is ‘n Alban Instituut boek wat oor geloofsdissiplines handel, wat gerieflik in ‘n gemeente in ‘n kursus omgeskakel kan word. ‘n Kosbare boek om deur te werk.
• The practise of the presence of God   Brother Lawrence
Natuurlik is dit ‘n moet om te lees!!!!!
• The 21 Most Effective Prayers of the Bible   Dave Early
Hierdie is ‘n interessante boek wat handel oor 21 gebede in die Bybel en wat ons daarby kan leer. Dit kan ook handig in ‘n gemeente in ‘n reeks aangebeid word
• Prayer  Karl Barth 
Op my rak staan die Nederlandse  weergawe “Het Gebed” Dit is regtig ‘n goeie boekie om te lees.
• Die Gebed wat die Wêreld Omspan- Helmut Thielicke
Ek sien dat die klassieke werk oor die Onse Vader weer gepubliseer word. Lekker Bybelstudie/ preekstof!!!!
• The Contemplative Pastor    Eugene Peterson
Hierdie is een van sy boeke wat handel oor die Kuns van spirituele begeleiding . Lees dit!!!

3. Kursusse vir kleingroepe en Gemeentes

• Fokus op meer as 200 vrae oor Gebed:             Attie Barnard
 Seker een van die beste en omvattentse moderne gebedsboeke in Afrikaans Kleingroepe/ Gebedsgroepe/indiwidue   kan hierdie 246 kort hoofstukke sistematies deurwerk en bespreek. Daar is min boeke in Afrikaans wat teologies so suiwer  en eenvoudig onderwerpe rakende gebed behanmdel.Dit is ook ideaal vir ’n gebedskursus in ’n gemeente /kleingroepe (Lux Verbi)
• Renovation of the heart     Dallas Willard
Hier is ’n 6 weke (dalk 40dae) kursus om die karaktertrekke van Christus in jou lewe in te neem.Dit het ‘n DVD by, groepboek by en ’n basiese boek. Goeie kursus om in gemeente aan te bied.(Communitas kan dit bestel)
• Emosionally Healthy Church        Peter Scazzero
Dit is ook ’n basiese boek met ’n groepbesprekingsboek vir 8 weke lank. Dit kan ’n gemeente baie help om emosioneel en spiritueel volwasse te word. (Communitas kan dit bestel)
• Spiritual disciplines(Handbook)    Adele Calhoun
Dit is ‘n uitstekende boek wat 62 geloofsdissiplines kortliks verduidelik en dit prakties maak. ‘n  Baie goeie boek om as kursus vir kleingroepe of self in besprekingsvorm weekliks aan te bied. Kyk na prentjies van Nico Simpson  op ons webwerf.
• Lord teach me to pray in 28 days   Kay Athur.
Hierdie is ook ‘n oulike gebedskursus(28 dae)wat in gemeente /kleingroepe gebruik kan word. . Dit verskyn ook met groep dvd Kan van website bestel word www.lifeway.com
• Beleef God   H Blackaby &King
Hierdie is ‘n uitstekende 12 weke kursus oor spiritualiteit -om God se wil vir jou lewe te verstaan-  wat jy in die gemeente kan aanbied. Ek het dit al gedoen sonder die videos , want ek kry die videos nie in die hande (as jy dit het help ons asb)
• Bybelmedia basiese Gebedskurus
Hierdie basiese kursus- wat omtrent 6 lesings het, is deur Attie van Wijk opgestel en kan afgelaai word by   www.bmedia.co.za/dienste  (kliek dan op aflaaibare produkte ). Dit is bruikbaar en sinvol om aan te bied in gemeente.
• Kyk gerus na die kursusse wat Jerigo Mure in gemeentes aanbied.
Bennie Mostert het ook verskeie boeke geskryf wat inligting oor gebed gee. 

• Kyk na die kursusse wat Sentrum vir Spirirtualiteit in gemeentes aanbied

• Die luisterseisoen reeks is ‘n goeie manier om mense in luister te skool
 
• Verskeie Kursusse en artikels kan van Communitas se webwerf afgelaai word www.communitas.co.za
• Besoek gerus my gebedsblog by www.communitas.co.za/gebed
Hier probeer ek verskeie onderwerpe oor gebed aanraak en iets van die verskillende spiritualiteite deurgee. U kan dit in gemeenteblaaije gebruik soos u goeddink. Daar is nie kopiereg daarop nie.

Deel met ons as jy ‘n kursus opgestel het  dat ons dit breer kan bekendstel . Communitas is hier om diens aan gemeentes te lewer!