{ARGIEF}

admin

Dag drie: Mense van matigheid

Om ‘n samelewing te bou wat waarlik ‘n habitat van geborgenheid is, het ons mense nodig met goeie habitus, mense van karakter en deug. Ons het mense nodig wat onder andere die deug van matigheid beliggaam. Matigheid kom van die Latynse temperentia, wat letterlik regte...

read more

Faith and church size

A new report from The Barna Group, based on interviews with more than 3,000 adults, shows that congregational size is related to the nature of a congregation’s religious beliefs, religious behavior and demographic profile. There are clearly significant differences...

read more

10 Mees gelese artikels vir 2009

Communitas het hierdie maand die 2 000 ste artikel gelaai.  Dit beteken ons laai gemiddeld 36 artikels per week. Ons is baie dankbaar hieroor, omdat ons visie met Communitas steeds is om ‘n omvangryke oop-bron hulpmiddel vir gemeenteleiers te skep.

Om die mylpaal te vier, het ons ‘n artikel oor hoop geskryf: Tweeduisend artikels by Communitas!

Die artikels word wyd afgelaai en gelees.

Hier is ‘n lys van die 10 mees gelese artikels vir 2009:

Titel Skrywer Gelees
Gemeentelike Identiteitsvorming en Liturgie Jannie Swart 3021
Gemeentelike Identiteitsvorming en die Vreemdeling Jannie Swart 2480
Gemeentelike Identiteitsvorming en Migrasie Jannie Swart 2117
Herontwerp Jeugbediening Frederick Marais 1871
Gemeentes vol genade Jan Woest 1476
THE FORGOTTEN WAYS – Alan Hirsch: opmerkings, vrae en aanhalings Pieter van der Walt 1257
Onderskeidingsvermoë Coenie Burger 1141
Wie of wat is die kerk in ‘n sekulere samelewing? Jaco Coetzee 1056
Skrifgeleerde-prediker of prediker-Skrifgeleerde? Jan Woest 1029
Missional Pattern 1 Discerning Missional Vocation Lois Barret 843

 

Hier is ‘n lys van die 10 mees gelese blog artikels vir 2009:

read more

Verder Geluister: Psalm 124

Sondag 27 September 2009 Onbeskryflike genade J.M Coetzee se beroemde roman Disgrace (1999) is nou op die groot skerm te sien. Ek het die fliek gaan kyk - dis ontstellend. Disgrace vertel die storie van David Lurie ’n hoogleraar in romantiese poësie aan die...

read more

Hoop se Absurde en Omgekeerde Logika

Ek speel nog steeds rond met die onlangse Verantwoordelike Vernuwing konferensie se hoop tema, want dit duik oral op in leeswerk waarmee ek tans besig is vir navorsing oor imagination.  As die christelike hoop primer hoop is in die moontlikhede van God self (sien vorige blog bydraes hieroor van Chris Jones en myself), dan sou hoop ook beskryf kon word in Richard Kearney se metafoor van “desire of God” (in ‘n bundel oor God, the Gift, and Postmodernism wat deur John Caputo en Michael Scanlon geredigeer is).
Kearney beweer daar is twee verskillende maniere waarop God “begeer” kan word.

Die eerste is vanuit ‘n skaarsheidmentaliteit wat absolute kennis begeer vanuit die bewustheid van ‘n gebrek daaraan.  Hierdie soort begeerte kan terug herlei word na Bybelse verhale oor Adam se val en die Toring van Babel.  Dit verteenwoordig wat Kearney, in sy boek The Wake of the Imagination, na verwys as “the ‘evil drive’ (yezer hara) to be God by refashioning Yahweh in our own image.”  In sy Confessions verwys Augustinus hierna as “an empty curiosity… dignified and masked by the name of learning and science… to investigate the concealed working of nature beyond our ken, which it does no good to know  and which men want to know only for the sake of knowing” (soos aangehaal deur Kearney).  Uiteindelik is dit ‘n hoop in wat ons kan sien eerder as Paulus se hoop in dit wat nie gesien kan word nie (Rom. 8:25).  Luther het telkens gewaarsku teen hierdie soort begeerte om God te reduseer tot ‘n besitting van ons metafisiese visie (visio dei), en dat dit niks anders is nie as ‘n begeerte om te domineer en bemeester.  Hoop neem die vorm aan van ons begeerte om ons beperkinge te oorkom met die mag van sekerheid.

read more

Liedgebed

Ek sal graag my bydrae maak met ’n Liedgebed wat ek gereeld in meditasiedienste en my eie stiltetyd gebruik.  Ek vind dat die melodie die waarheid van die woorde op ’n manier in my vasmaak.  Ek het dit eenkeer geskryf na ’n praatjie van Coenie Burger waarin hy my...

read more

Liedgebed

Jannie Hougaard Ek sal graag my bydrae maak met ’n Liedgebed wat ek gereeld in meditasiedienste en my eie stiltetyd gebruik.  Ek vind dat die melodie die waarheid van die woorde op ’n manier in my vasmaak.  Ek het dit eenkeer geskryf na ’n praatjie van Coenie Burger...

read more