{ARGIEF}

Konferensies

12. Groei oor grense (1½ uur)

Fokus: Groepe wat daarin belangstel om bietjie hulle grense te skuif oor rasse, geslagte en generasies heen. Die power point van die aanbieding kan hier afgelaai wordWaarmee kan die kursus help? Om grense te skuif in verhoudinge veral byVGK en NGK.Teikengehoor: Gewone...

read more

Kop- en hartskuiwe om ‘n Batebouer te wees

Voordrag gelewer by Verantwoordelike vernuwing 2009

Ek is so bly dat die fokus van die konferensie val op herwinning van hoop en nie om probleme nie. Batebouers(BB) gaan primer om hoop en vreugde, om oplossings vir probleme.

Uitgangspunt BB:

Dat die  kultuur waarin jong mense en kinders leef, sal moet verander.

Dit is ‘n benadering van doelbewuste, sosiale verandering gerig op die bou van gemeenskappe waar jong mense/kinders raakgesien, aangemoedig, ondersteun word en daar vir hulle omgegee word. .  Gesonde families alleen is nie meer genoeg om kinders gebalanseerd en gesond groot te maak nie! Dit gaan dus primêr om die bou van sterk ‘n fondasie  wat kinders/jong mense nodig het om gesond, heel en gelukkig te wees.

Die fondasie is die 40 ontwikkelingsbates wat veertig positiewe ervarings, verhoudings en persoonlike eienskappe is wat kinders  help om gesond, heel en gelukkig te kan grootword.

read more