{ARGIEF}

Fokus: Praktiese wenke vir die bevordering van gemeente- en gemeenskaps-betrokkenheid by die skool.

Die power point van die aanbieding kan hier afgelaai word

Waarmee kan die kursus help? Bewusmaking van gemeente- en gemeenskapsleiers oor die uitdagings vir die hedendaagse skool en toerusting om opbouend met die skool hande te vat.

Teikengehoor: Predikante/pastore/gemeenteleiers, gemeenskapsleiers, lede van gemeenskapsorganisasies en -komitees, sakelui, opleiers, skoolhoofde en lede van skoolbeheerliggame.

Aanbieders: Pat Williams is prinsipaal van die Lückhoff Sekondêre Skool in Idasvallei, Stellenbosch en het wye ervaring in skool- en gemeenskapsontwikkeling.

Erhard Wolf is voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Federasie van Beheerliggame van SA skole (FEDSAS), met ryke ervaring van ouer- en gemeenskapbetrokkenheid by skole.

Gerrit Kamper is ʼn personeellid van die Departement Opvoedkundestudies aan UNISA en het navorsingagtergrond oor deelnemende skoolbestuur en gemeenskapsontwikkeling (veral in armoedekonteks).

Basjan Reinhardt is Provinsiale Bestuurder van die Federasie van Beheerliggame van SA skole (FEDSAS) in die Wes-Kaap.

Materiaal: PowerPoint-aanbieding en uitdeelstukke.

Aantal deelnemers: 90

Aanbiedingstyd: Di 25 Aug 14:00–17:30