{ARGIEF}

Konferensies

Fotobeeld van Leef die Gestuurde Roeping konferensie

Hannes Theron het tydens die konferensie foto’s geneem van die gesprekke, sprekers en sommer net die verskillende emosies tydens die konferensie. Die konferensiegangers het gekom van regoor Suider Afrika en al die streke van Suid-Afrika, geluister, gedink, gesels, gespraat, moed geskep en gebid.

read more

Om weer te wandel in die Woord

Om weer te wandel in die Woord

Danksy die feit dat die tema van dié sessie in elke beplanningsdokument verskillend verwoord is, neem ek die vrymoedigheid om dit te verander na “‘n belydenis oor Bybellees – om weer in die Woord te wandel.”  Ek wil naamlik die sessie inlei met ‘n getuienis oor wat die SAVGG, en spesifiek die gewoonte van om in die Woord te wandel, vir my persoonlik beteken het.

Met my bekering as dertienjarige het die lees van die Bybel ‘n besondere rol in my geestelike lewe gespeel.  Ek het daadwerklik die ervaring gehad dat ek die stem van die Here duidelik deur te lees van die Bybel gehoor het.  Daarom het ek dit daagliks met ‘n groeiende erns alleen, en saam met ander jong gelowiges, gelees.  Ek het dan ook reeds as sewentienjarige my eerste kommentaar gekoop (op 1 Johannes).

In 1986 is ek Stellenbosch toe in gehoorsaamheid aan my roeping van die Here om ‘n bedienaar van die Woord te word.  My diepste begeerte was om nóg dieper in die Woord te kon delf.  Op Stellenbosch het daar egter iets met my lees van die Bybel gebeur wat ek ongelukkig ervaar met baie teologiestudente gebeur.  Ek het die ervaring gehad dat soos wat my tegniese vaardighede om die Bybel te kan lees toegeneem het, die stem van die Here daarin stil geword het. 

Ek het toenemend ‘n text disposable expert geword wat die teks onskadelik gestel het.  Iemand wat die skerp kante daarvan kon gladmaak deur die “eintlike betekenis” daarvan telkens uit te lig.  As ek met ‘n teks klaar was, het dit vir niemand meer ‘n geestelike gevaar ingehou nie.  Ek kon immers die teks verklaar.

Die redes vir dié verandering is veelvoudig en kompleks.  Dit het deels te doen met my persoonlike fiksasie op die korrekte metode van Bybellees.  Ek dink egter weereens dat baie teologie studente in die strik getrap het.  Baie van ons onthou nog hoe ons met die hoogbloei van die strukturalistiese benadering in Suid-Afrika diskoersanalise gedoen het.  Nagte om gestoei het met die vraag of die verhouding tussen twee kola gekoördineerd, additief, ekwivalent, logies opeenvolgend of gesubordineerd, kwalifiserend, kensketsing van wyse of manier was.  Die intellektuele uitdaging van dié wyse van om die Bybel wetenskaplik te lees het my, teen die opregte bedoeling en voorbeeld van my leermeesters, ‘n kliniese Bybelleser gemaak.  Ek het toenemend ‘n kritiese aftand teenoor die Bybel ingeneem.

read more

Konferensie – Morele Uitdagings aan …

3–5 November 2009 - Fakulteit Teologie, Stellenbosch Kom luister, praat en dink saam oor die Morele uitdagings: Aan Leiers In Skole In die Beskermingsdienste In die Plaaslike Regering en In die Media Ekumeniese konferensie oor Morele Leierskap word gehou op 3-4...

read more

Feesjaar TSK

Die Teologiese Studente Komitee van die Fakulteit Teologie het 'n vol en interessante feesprogram: Feesjaar TSK 1859-2009 Die volledige program kan hier afgelaai word

read more

Elkeen kan ‘n batabouer wees

Voordrag gelewer by Verantwoordelike Vernuwing 2009 Jy hoef nie perfek te wees of ‘n graad te hê om ‘n batebouer te wees nie. Elkeen van ons het gawes. Elkeen is of kan daarom ‘n batebouer wees. Dit is vir my lekker om vandag voor so ‘n groot klomp (potensiële)...

read more