{ARGIEF}

3–5 November 2009 – Fakulteit Teologie, Stellenbosch

Kom luister, praat en dink saam oor die Morele uitdagings:

  • Aan Leiers
  • In Skole
  • In die Beskermingsdienste
  • In die Plaaslike Regering en
  • In die Media

Ekumeniese konferensie oor Morele Leierskap word gehou op 3-4 November 2009 in die Attie van Wijk ouditorium, Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch. Ons gaan die breër landskap wat morele leierskap betref, ondersoek, waarna ons meer spesifiek oor die uitdagings aan geestelike leiers gaan besin. Ons gaan verder kyk na die Onderwys, Beskermingsdienste, Plaaslike Regering en die Media, en hoe morele leierskap en netwerke op hierdie terreine kan lyk. Ons wil hierdie twee dae afsluit met drie werksessies oor wat geestelike leiers prakties in hul gemeentes/gemeenskappe kan (gaan) doen.

5 Nov – Die derde dag het ons plek vir 20 mense wat interaktief wil deelneem aan sessies oor morele vorming in en deur gemeentes 09:00 tot 13:00. Vir die 3 dae word volle VBO-punte toegeken. Meer inligting oor dag drie, volg later.

Konferensiegelde: R120

Bruce Theron, Chris Jones, Coenie Burger and Donald Katts

Voorlopige Program 3-4 Nov

Opening en verwelkoming: Bruce Theron 9:30–10:15

Dag 1:

10:15–11:30 Morele Leierskap: Uitdagings – prof Piet Naudé: 45 min. Respondent: prof Nico Koopman – 10 min en vrae 20 min. Respondente hanteer deurgaans vrae-sessies.

11:30–13:00 : Morele Leierskap: uitdagings vir geestelike leiers. Prof Russell Botman vir een uur. Respondent: dr Coenie Burger: 10 min. Vrae vir 20 min.

13:00 – 14:00 Middagete: (ligte ete sal voorsien word)

14:00 – 15:00   Middag: Morele Leierskap en die onderwys: mnr Brian Schreuder: 1 uur. Respondent: dr Jeanette de Klerk-Luttig: 10 min en vrae tyd 20 min.

15:30 – 15:45  Tee

15:45 – 17:00   Morele Leierskap – Morele Leierskap en plaaslike regering: Mnr Dan Plato: 45 min: Respondent Ds Xolile Rashe: 10 min en vrae 20 min.

Dag 2:

9:30 Beskermingsdienste. (Onseker: 45 min). Respondent: Yvette Moses: 10 min en vrae 20 min.
Tee: 11:00–11:30
11:30 Morele Leierskap en die Media: Mnr Harold Pakendorff: 1 uur en Respondent: Ds Peter Langermann: Respondent 10 min en vrae 20 min.

Middagete: 13:00 – 14:00 (sal voorsien word)

Middag: 3 programme: (1) Heartlines (30 min) (2) 40 “assets” (30 min) (3) Hermanus inisiatief (30 min)

Koffie: 15.30 – 16:00

16:00–16:30: Konferensiegangers verdeel volgens streke en bespreek moontlike inisiatiewe.