Communitas oorweeg om ‘n Pelgrimstog na die Suidpunt van Afrika te organiseer. Die gedagte is om soos die bekende Camino de Santiago ‘n tradisie te begin waar pelgrims na die Suidpunt van ons kontinent stap. Met ‘n eerste navraag het daar heelwat positiewe reaksies na vore gekom. Is daar van Communitas se vriende wat sou belangstel om deel te neem aan ‘n eerste stap van die Worcestor omgewing deur die Overberg na die bekende ligtoring by Agulhas? Van die gemeentes op die pad het reeds aangetoon dat hulle belangstel om hulle kerke oop te maak en ons te verwelkom. Die idee is dat dit die begin kan wees van ‘n aantal roetes wat met mekaar konnekteer oppad na Agulhas. So bv is daar reeds ‘n pelgrimstog van Calvinia deur die Tankwa Karoo tot by Ceres wat gereël word deur Charl van der Merwe, boer van Calvinia. Hierdie roete sou gekonnekteer kon word met die Overberg gedeelte soos hierbo beskryf. Dan het jy die diversiteit van die afsondering van die Karoo, die vrugtestreek en berge van Ceres, die Breëriviervallei van Worcestor na Villiersdorp of Robertson en die heuwels van die Overberg tot by die Kus van Waenhuiskrans en Agulhas. Ons hoor graag van julle! Frederick Daar is iets is my wat getrek word deur die idee. [widgetkit id=103043]
Proef Camino stap 18-26 Oktober 2014
Die eerste groep van 15 stappers pak in Oktober die roete van Robertson na Agulhas aan. Ons is besig om die laaste deel van die roete te beplan en is besig om te onderhandel met boere en oornagplekke langs die pad. Communitas sal terugvoer gee oor die vordering van die proses om ‘n roete vir Suid Afrika gevestig te kry. Gebruik die inskryfvorm onderaan indien jy belangstel om in die toekoms die roete te stap, of as jy ons wil kontak oor moontlike slaap of eetplek op die roete. [contact-form to=’bestera@sun.ac.za’ subject=’SA Camino’][contact-field label=’Naam’ type=’name’ required=’1’/][contact-field label=’E Pos’ type=’email’ required=’1’/][contact-field label=’Boodskap’ type=’textarea’ required=’1’/][/contact-form]
I like the idea very much!
Ek wonder altyd hoekom moet ons Spanje toe gaan terwyl ons die ongelooflikste landskap en staproetes hier plaaslik het. Net die veiligheid kwel my effens …
Wat ‘n wonderlike idee. Hoop dit kom van die grond af en dat ons binnekort dit kan stap.
Hou ons asb op hoogte. In Des 2012 het ek onderstaande met ons groep wat in Sept 2011 280km van die Camino de Santiago gestap het gedeel.
Camino de Agulhas: Bergrivier na Kaap Agulhas
Km/dag
Velddrif (Bergrivierbrug) Bergrivierstasie 23
Bergrivierstasie Hopefield 15
Hopefield Ganskraal stasie 19
Ganskraal stasie Darling 26
Darling Mamre 19
Mamre Philadelphia 23
Philadelphia Fisantekraal 23
Fisantekraal Katolieke skool, Bottelary 18
Katolieke skool, Bottelary Jamestown 14
Jamestown Strand (sirkel) 17
Strand (sirkel) Steenbrasmond 13
Steenbrasmond Rooiels 15
Rooiels Bettiesbaai 14
Bettiesbaai Kleinmond (rivier) 14
Kleinmond (rivier) Fishershaven 18
Fishershaven Hermanus (middedorp) 14
Hermanus (middedorp) Stanford 24
Stanford Gansbaai 20
Gansbaai Pearly Beach 22
Pearly Beach Die Dam 22
Die Dam Wolvengat 15
Wolvengat Voëlvlei 20
Voëlvlei Struisbaai 25
Struisbaai Cape Agulhas 7
440
12/12/2012
Ek het waarskynlik in die derde kwartaal in 2015 ‘n maand sabbatstyd om die pad te toets! Ek wonder saam met Jaco oor die veiligheid, maar wil vertrou dit kan!
Ek het al 5 Caminos gestap. Spanje, Portugal en Frankryk. Sal baie graag betrokke wil raak in ‘n SA Camino. Veral as dit op dieselfde styl – of naastenby – gedoen kan word. Ons sal die boere moet betrek. Sien uit na ‘n Camino Cap du Sud!!!
Gaan lees gerus meer oor die Tankwa Camino op ons webblad of facebook page. Die Tankwa Camino is in volle vaart, ons pak April 2015 reeds ons derde staptog aan. Groete uit die karoo. Danie Pieterse (www.tankwacamino.com)
Dit kan werk wat ‘n wonderlike idee. Ons het ‘n ongelooflike mooi land kom ons maak die beste daarvan
Annemari
Enige vordering met die Overberg Camino? Sou graag nuutste inligting wou ontvang, of van enige ander moontlike SA camino in die vooruitsig? Het nou onlangs die Camino Frances gedoen en wil nou net aanhou stap! Enige nuus sal welkom wees. Weet net nie wat ons doen aan die veiligheid nie! Alleen stap sal nie hier werk nie, wat ‘n jammerte!
Die eerste groep het al gestap en ‘n tweede word beplan. Kry al die inligting op Facebook: https://www.facebook.com/pelgrimstog.