Susan Cain (Quiet, 2012) wys daarop dat daar in die 20ste eeu ‘n skuif weg van ‘n kultuur van Karakter na ‘n kultuur van Persoonlikheid gekom het, aldus kultuurhistorikus Warren Susman. Dit gaan vandag dus nie soseer in die eerste plek meer oor wie jy is, wat jy doen nie, en hoe jou karakter is nie, maar oor jou beeld, hoe jy jouself kan verkoop, en wat die indruk is wat jy in die publiek maak.
Dit beteken dat ekstroversie die ideaal geword het en dat selfs introverte aan die ideaal gemeet word. Sy haal vir Peter Drucker aan wat wys dat die geledere van effektiewe CEO’s vol is van introverte (Bill Gates bv) wat min of geen persoonlike charisma gehad het. Soos Jim Collins (Good to Great) aantoon, uitsonderlike CEO’s was bekend vir hulle:
“extreme humility coupled with intense professional will.”
Ons het dus nie reuse persoonlikhede nodig om dinge te laat gebeur in die wêreld nie, maar mense van karakter wat nie hulle eie egos bou nie, maar die instansies wat hulle lei.
Dít is my droom vir hierdie land van ons: mense van karakter wat vasberade en met nederigheid ‘n beter toekoms vir ons almal bou.
Ek stem volkome saam, net gister het n voormalige Rapports skryfster my vertel dat Dr. Anton Rupert haar hand geneem het en gese, “as jy waarde in die lewe verwag moet jy net jou buurman ryk maak”.
My gevoel is dat rykdom is die laaste woord is wat moet gekoppel word aan geld of artikels. Rykdom is die innerlike krag binne n’persoon of groepe is om gelukkige te kan lewe, om te aanvaar wat omstandighede bied en dan die omstandighede gebruik om doelwitte te bereik.
Alhoewel Dr, Anton Rupert n verslawings middel vervaardig het, die sigaret, het hy innerlike menslikheid gesond uitgeleef.