{ARGIEF}

Month: September 2011

Praktiese idees vir bedieningsgeleenthede tydens die Rugby wêreldbeker

0a3eeb8c9740476d8535d79ab1e4c6eb_200GKS raak graag betrokke by die wêreldbeker en wil dieselfde energie skep as met die sokkerbeker. Lees gerus verder vir praktiese idees hoe jou gemeente betrokke kan raak.

Tipiese opsies wat ‘n plaaslike gemeente of organisasie sou kon uitoefen om die bedienings geleentheid van die Rugby wêreldbeker optimaal te benut. Die toernooi begin op die 11de Sept en eindig op die 8ste Oktober 2011. (Een of meer van die volgende sou gedoen kon word).

read more

Opleidingsgeleenthede vir Hope Through Sport

As jy na opleidingsgeleenthede soek om jou gemeente-kinders tydens vakansietye met sport te bedien, is hierdie opleidingsgeleenthede die regte ding.

Hope Through Sport bied die volgende 2x Kids Games opleidings geleenthede aan in September 2011:

read more

Die storie agter die GKS skildery

As jy by die GKS-kantoor in Bellville sou instap, hang daar dieselfde skildery as die een wat op ons webblad verskyn. Die skilder, Amanda Cliengen, deel met ons wat die inspirasie daaragter was. Die titel is van die skildery is "Almal wat dors het kom drink"... Die...

read more

Vars Uitdrukkings van die kerk en Kerkplanting

grahamcray

Biskop Graham Cray, van die Anglikaanse kerk, was onlangs in Suid-Afrika om meer oor sy werksaamhede in Engelenad oor kerkplanting en nuwe manier van kerk-wees te gesels. Philip Botha was daar en hy lewer verslag.

Vir ons in die NG en VG Kerk wat so onlangs as 2003 eers ons voete op die pad van Nuwe Gemeente Ontwikkeling geplaas het, was Biskop Graham Cray se besoek, tydig, inspirerend en verrykend.

read more

Wenke vir voornemende kerkplanters

In gereformeerde kerklike kringe in ons land is kerkplanting ‘n nuwe verskynsel. Dis asof ons die afgelope dekade eers “ontwaak” het vir die uitdaging om bedienings te vestig in gebiede wat andersins nie deur gevestigde gemeentes of bedieningspatrone bereik word nie. Dis egter interessant dat die Bybelse “sendingmodel” – indien mens sou kon waag om dit so te noem – een van gemeenteplanting was. Inderdaad is die plaaslike kerk (die gemeente) die hoop vir die wêreld, in die woorde van Bill Hybels.

read more

Die doop in die eerste eeue en vandag

Die feit dat daar probleme en misverstande heers rakende die doop, daar ‘n behoefte aan dieper nadenke en ook liturgiese kreatiwiteit bestaan en dat die praktyk van herdoop in kerke van gereformeerde belydenis geen opsie is nie, is nie nuus nie.

Hierdie situasie is eerder ‘n realiteit wat vele gemeentes en lidmate elke dag leef en sinvol probeer hanteer. Saam hiermee is daar ook geen eenduidige en klinkklare antwoord wat bevredigend vir alle gemeentelike situasies en lidmate sal wees nie. 

read more

Ander webskakels

Gaan loer gerus by die volgende webwerwe in ...     ABIDABID (Argief en Bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk) ook bekend as die ARGIEF.   CommunitasCommunitas lewer al vir meer as 'n dekade fasiliteringsdienste aan gemeentes.   Bybel-MediaHierdie tuisblad bied...

read more

Hoe kan ek vir GKS help?

• Deur vir ons te bid.

• Deur aktief by `n projek betrokke te raak as lidmaat, medewerker en selfs geestelike leier (Navrae by Marinda Schreuder 021-9577202 ofgo@kaapkerk.co.za.Lees ook meer op ons webblad by www.gks.org.za.)

• Deur ons finansieel te ondersteun. Lees gerus verder …

read more