{ARGIEF}

Month: October 2012

Wat laat mense in verandering vassteek by die bekende?

In ‘n gesprek vra ‘n kollega – ietwat moedeloos – hoekom mense in prosesse geneig is om terug te val na die bekende eerder as om die onbekende van die nuwe te omhels. Ek stel dit so ‘n bietjie anders as hy! Ek dink baie gemeenteleiers ken hierdie gevoel.

Ek neem die vraag ernstig op, want die kollega is een van die mees bekwame en kreatiewe prosesbegeleiers wat ek ken. Sy vraag het nie te doen met ‘n gebrek aan vaardigheid van die begeleier of die kwaliteit van die proses nie. Dit kan van ander waar wees maar beslis nie van hom nie. Hy sit my aan die dink oor myself, en die vrese waarmee ek sit wanneer ek saam met mense ‘n pad begin stap na ‘n onbekende plek. Hier is ‘n paar goed wat ek van myself ontdek het:

read more

Maandag 8 Oktober: Wat is en doen `n leier?

Daar het al feitlik duisende boeke oor leierskap verskyn. In my eie denke oor leierskap is ek baie lank gerig deur sommige van die meer klassieke temas. Hier dink ek aan dinge soos visie, spanbou, waardes en veel meer. Die volgende is uit die hart en die vuis geskryf...

read more

Verder Geluister: God praat oor Marikana, Zumaville ens – Amos 5:6-7; 10-15

14 Oktober 2012 ~ Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

God praat oor Marikana, Zumaville ens – Amos 5:6-7; 10-15

Luister wat sê God oor Marikana, Zumaville, Moreleta, en aan gesinne en gemeentes,  die regbank en regering, vir  die mynmagnate en soustreiners – en vir jou en my (Amos). 

Gemeentes, gelowiges hoort die weg met God te volg en daar te wees waar God is, by diegene wat Hom die nodigste het. Die volgende “nodige plekke” is tans in die nuus:

read more

Verder geluister: Genesis 2:18-24 – Saamwees in die Koninkryk van God

Saamwees in die Koninkryk van God

Genesis 2:18-24

Ons is in die negentiende week van Koninkrykstyd. Dis nou lekker, om te weet jy woon in ‘n koninkryk. Dis nou nie een van daardie outydse koninkryke waar die koning mag het oor almal en kan doodmaak en verhef soos hy wil nie. Hierdie koninkryk waarin ons woon, is God se koninkryk. Dis tegelykertyd oud en nuut, maar nog nooit een waarin God sy mag roekeloos gebruik om ons by te kom nie. Inteendeel, ons God en sy koninkryk is ‘n plek waar God vir ons sorg en ons hand vat.

 

read more